Een van Jesus se grootste wonderwerke was om 'n man te genees wat deur bose geeste gemartel is. Die Bybel sê: "Die man het tussen die grafte gebly. Niemand kon hom selfs met 'n ketting vasbind nie... Niemand kon hom baasraak nie. Hy was dag en nag aan die skreeu... en dan kap hy himself met klippe." (Mark 5:3-5 NV). Let op na vier dinge oor die man:
Sielekos: Sag 9-11; Luk 23:13-25; Ps 34; Spr 24:29-31 Filippense 1:29 NLV
Jy het die soort geloof nodig wat nie net in God glo vir die goeie dinge nie, maar wat jou ook staande hou deur die slegte dinge. "Maar as dit inderdaad gebeur dat julle swaarkry omdat julle doen wat reg is, sal God Sy seën op julle laat rus. Moet dus nie dat mense julle bangmaak of afskrik nie. Inteendeel, erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het." (1 Petrus 3:14-15 NLV). Of jou pad vol spoedhobbels of gelyk is, moet jy 'n gesindheid van "aanbidding" en "Christus as die Een wat seggenskap het" hê. Josef se ontvoering het daartoe gelei dat hy sy familie kon red. Christus het in die wêreld gekom deur 'n onverwagte swangerskap en het ons gered deur 'n onregverdige moord. Glo jy wat die Bybel ons leer - dat geen ramp uiteindelik fataal is nie? Chrusostomos het. Hy was van 398 tot 404 nC die aartsbiskop van Konstantinopel. Hy het volgelinge verkry omdat hy op welsprekende wyse korrupsie in die kerk veroordeel het. Hy is twee keer verban deur die owerhede, maar het gevra: "Waarvoor sal ek bang wees? Sal dit die dood wees? Ek weet Christus is my lewe, en om te sterf is vir my wins. Sal dit uitsetting uit die land wees? Die aarde is die Here s'n en alles daarop ook. Sal dit verlies van rykdom wees? Ons het niks in die lewe ingebring nie en ons kan niks daar uit neem nie. Al die verskrikkings van die wêreld is veragtelik in my oë; en ek glimlag oor al die goeie dinge." Dít is lyding met genade! Sielekos: 1 Kor 10-11; Luk 24:13-24; Ps 68:1-18; Spr 25:13-16 As die Christelike lewe gaan oor 'n persoonlike verhouding met God, moet God steeds vandag met ons praat. Verhoudings word egter nie gebou op eenrigtinggesprekke nie. Dit verg toewyding en kommunikasie tussen twee mense waar elkeen praat en luister na die ander een. "Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle." (Rom 8:9 NV). Dit beteken dat die Gees jou lei in jou reaksies en besluitnemingsprosesse. Wanneer jy die Here volg, bestaan die lewe nie meer uit net dit wat jy kan sien, voel of verstaan nie, maar ook geloof en vertroue in jou Skepper, en die vermoë om Sy stem te hoor en die leiding van Sy Gees te sien. Van ons is huiwerig om dit te doen omdat ons ander mense gesien het wat sê die Gees lei hulle, en hulle benadering maak ons bang. As ons die Gees se leiding ervaar, twyfel ons daaraan, en is ons nie altyd seker of Hy regtig met ons praat nie. Ons wonder: "Is dit God se stem of my eie begeertes?" Dis hoekom Paulus skryf: "Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal." (Gal 5:25 NV). Ons moet stap vir stap leer om die Gees te volg. Selfs mense wat die sterkste in hulle geloof is, struikel soms. Dis nie 'n probleem nie! "Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op." (Ps 37:23-24 NV).
Sielekos: 1 Kon 17:1-6; 1 Kon 18:16-39; 1 Kon 19:9-18; 2 Kon 2:1-12 Matteus 5:16 DB
Elke kind, ook joune, word "verlore" gebore in 'n wêreld van morele en geestelike donkerte. Ouer, jou grootste verantwoordelikheid is om die lig op hul pad te wees. Paul Harvey het 'n storie vertel oor 'n pa wat baie gedrink het en sy tienerseun in 'n bakkie gelos het terwyl hy in 'n kroeg in is. Twee ure later, toe die pa terugkeer na sy bakkie, was sy seun weg. Hy het sy seun in die kroeg gekry saam met 'n klomp beskonke jong mans wat hom dronk gemaak het. Na die bakleiery met hulle, het die pa aan die bloei op die vloer op geëindig met sy ontstelde seun wat by hom kniel en pleit: "Moet asseblief nie kwaad wees vir my nie, Pa. Ek het jou net gevolg!" Ons almal volg iemand in die hoop dat hulle die pad ken. Die Bybel sê: "Ahasia het net verkeerde dinge gedoen. Hy het gemaak soos sy pa... sy ma..." (1 Kon 22:53 DB). Ons kinders mag dalk nie ons raad volg nie, maar hulle sal wel ons voorbeeld volg, of dit nou goed of sleg is. Ons is geroep om padtekens by hul kruispaaie te wees; padkaarte in hul verwarring. Paulus het sy geestelike kinders so bemoedig: "Volg julle dan my voorbeeld, soos ek Christus s'n volg." (1 Kor 11:1 NLV). Jy het nie 'n graad in ouerskap nodig om uit te blink by die huis nie. As jy Christus se onderrig elke dag aanvaar en uitleef, is jy gekwalifiseerd om die beste ouer moontlik te wees! "Hy wat opreg en eerlik leef, se kinders is baie gelukkig." (Spr 20:7 NLV). Sielekos: 1 Kor 7-9; Luk 24:1-12; Ps 91; Spr 25:9-12 Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy my eerste teken prentjie teen die yskas vassit en ek wou onmiddellik nog ’n ander een teken.
Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy ’n rondloper katjie kos gee, en ek het geleer dat dit goed is om lief te wees vir diere. Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien jy maak my gunsteling koek vir my, en ek het geleer dat die klein dingetjies kan die spesiale dingetjie wees in die lewe. Toe jy dink ek kyk nie, het ek gehoor hoe jy bid en ek het geweet daar is ’n God met wie ek altyd kan praat en ek het geleer om YaHWeH te vertrou. Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien jy maak ’n maaltyd en neem dit vir ’n siek vriendin en ek het geleer dat ons moet help omsien na ons medemens. Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy jou tyd en geld gee aan die wat glad nie het nie en ek het geleer die wat iets het om te gee dit moet gee aan die medemens wat nie het nie. Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy ons huis versorg en almal in die huis en ek het geleer dat ons moet omsien daarna wat aan ons gegee is. Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy jou verantwoordelikhede hanteer, selfs wanneer jy nie goed gevoel het nie en ek het geleer dat ek verantwoordelik sal moet vir alles wat ek doen wanneer ek groot is. Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jou trane vloei oor jou wange en ek het geleer dat dinge soms seermaak, maar dis in orde om te huil. Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien dat jy vir my omgee en wil hê dat ek alles moet wees waartoe ek in staat is. Toe jy dink ek kyk nie, het ek die meeste lewens lesse geleer wat ek nodig het om ’n goeie en produktiewe persoon te wees wanneer ek groot is. Toe jy dink ek kyk nie, het ek na jou gekyk en wou vir jou sê. “Dankie, vir al die dinge wat ek gesien het terwyl jy gedink het ek kyk nie.” ‘n Groepie paddas het deur die woud gereis en twee van hulle het in ‘n baie diep put geval. Al die ander paddas het rondom die put vergader. Toe hulle sien hoe diep die put was, vertel hulle die twee paddas dat hulle so goed as dood is.
Die twee paddas het die kommentare geïgnoreer en probeer om uit die put te spring so al wat hulle werd is. Die ander paddas het aan hulle vertel dat hulle maar net sowel kan ophou spring want hulle is so goed as dood is. Uiteindelik, het een van die paddas gehoor gegee aan wat die ander paddas gesê het en moed opgegee. Met sy laaste sprong poging het hy neergeval en dood gegaan. Die ander padda het steeds gespring so hard en hoog hy kon. Weereens het die paddas buite die put vir hom gegil om op te hou om homself so te pynig en maar eerder rustig te raak en kalm dood te gaan. Maar die padda het net harder gespring en uiteindelik maak hy dit toe om uit die put te kom. Toe hy uit die put is vra die ander paddas aan hom, “Het jy ons nie gehoor nie?” Die padda verduidelik toe aan hulle dat hy doof is en dat hy onder die indruk was dat hulle almal hom die heeltyd aangemoedig het om nog harder te probeer. Die storietjie gee ons baie om oor te dink naamlik: 1. ‘n Bemoedigende woord aan iemand wat platgeslaan is kan hulle aanmoedig om op te staan en hul doelwit te bereik. 2. Vernietigende woorde aan iemand wat platgeslaan is kan ‘n negatiewe effek hê. Wees versigtig met dit wat sy sê. Mark Russel se aanhaling oor woorde is baie waar: Die sneeu mag glad en sag lyk maar die rotse daaronder is skerp! Is die woorde wat jy uiter aan ander bemoedigend sodat hulle aanhou spring om uit te kom of laat jou woorde hulle moed opgee en gaan lê? Jy het veel meer waarde as wat jy ooit besef “Good night you princes of Main; you kings of New England.” So het die dokter in “The Cider House Rules” (gespeel deur Michael Cain) vir die weeskindertjies in sy tehuis gesê as hy hulle nagsê. Vir hom was hulle nie net ‘n klompie verstote kinders iewers op die rand van die samelewing nie. Hulle het veel meer waarde gehad as wat die samelewing aan hulle toegeken het.
Ons elkeen ken iemand wat op een of ander stadium ‘n stukkie potensiaal in onsself raakgesien het — ‘n onderwyser, ‘n afrigter, ‘n leraar. Hulle het die toekoms in ons raakgesien. Hulle het ons aangemoedig toe niemand anders dit gedoen het nie. Hulle het ons vorentoe gevat omdat hulle in 1 Korintiërs 13 se taal die beste van ons gehoop en geglo het. Sulke mense is skaars. Te veel mense trap op mekaar. Uitdrukkings soos: “Jy’s te dom om iets met jou lewe te maak,” of: “Jy is lui, lelik, of oorgewig,” laat diep wonde op ander se lewens. Genadiglik is God nie soos ons nie. Hy gee vir ons wat ons nie verdien nie, naamlik nuwe lewe. Genade is ‘n nuwe oorbegin en voorbegin in die koninkryk van God. God se genade het net een Naam en Adres: Jesus Christus. Hy verander elke slegte Eksodus wat ons ooit beleef het in ‘n nuwe Genesis. God wat aan die begin lig uit donker geskep het, skakel ‘n nuwe lig in ons lewe aan as ons Christus in die oë kyk, soos wat Paulus in 2 Korintiërs 4 skryf. God verander stukkendes in geliefde kinders. Hy verander dooies in lewendes. Hy gee vir mense met ‘n slegte verlede ‘n skitterende nuwe toekoms. God omskep waardelose mense tot lewende juwele in Sy hand. Wat ‘n ontdekking om te besef dat jy veel meer waarde het as wat jy ooit besef. In God se oë dra jy die ewigheid met jou saam. O ja, om in Jesus te glo, is om daardie potensiaal in ‘n permanente realiteit te omskep. Vrede Stephan Joubert Een van die Bybel se groot temas is - volharding. Paulus, wat geweier het om op te gee, het geskryf: 'Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.' Ralph Waldo Emerson het gesê, 'Die oorgrote meerderheid mense is stapels beginne.' Is jy net 'n beginner of is jy ook 'n klaarmaker? Sodra die entoesiasme vir 'n nuwe idee begin vervaag, as die geleenthede begin verskraal en die resultate minder word, as sukses onmoontlik lyk, moet jy deurdruk. Admiraal Robert Peary het sewe keer die Noordpool probeer bereik, voordat hy uiteindelik geslaag het. Oscar Hammerstein het vyf mislukte produksies in Broadway gehad voordat hy Oklahoma op die planke gebring het, wat toe deur bykans vyf miljoen mense in 'n rekordtal 2,212 vertonings gesien is. Om op te gee wys meer van wie jy is, as waar jy is of wat jou in die gesig staar. Ons het almal maar ons verskonings. Feit is, dinge buite onsself keer ons nie; dis wat in ons binneste is wat ons keer! Die meeste van ons weerhou onsself van ons volle potensiaal. Ons kan voorgee dat mense, dinge of omstandighede buite onsself te blameer is, maar in werklikheid is die meeste mislukkings net die gevolg van 'n gebrek aan die bulhond-tipe uithouvermoë. Leonardo da Vinci het gesê, 'Hindernisse kry my nie onder nie. Elke hindernis gee pad voor hardnekkige voorneme. Hy wat op 'n ster gefikseer is, verander nie sy voorneme nie.' Jy moet daarop ingestel wees om hardnekkig jou droom na te jaag. Die enigste waarborg vir mislukking is as jy ophou probeer. Daar is geen onoorkomelike versperring nie, behalwe jou eie inherente gebrek aan doelgerigtheid en volharding.
Sielskos: 2 Kon 16:1-18:16; Matt 26:36-46; Ps 6; Spr 8:32-33 Daar is 'n legende van 'n soldaat wat voor Alexander die Grote verhoor sou word. Oortuig dat sy vonnis onregverdig was, het die soldaat gevra om te appelleer. Die veroweraar het hom ingelig dat daar geen hoër gesag is wat sy saak kan aanhoor nie. 'In daardie geval,' het die soldaat geantwoord, 'wiI ek my saak van Alexander die Kleine na Alexander die Grote neem.' In elk van ons is daar 'n mindere self wat met 'n grotere self worstel om die oppermag te kry. Jou mindere self sê, 'Te min mense glo in my. Ek sal nooit bo uitkom nie.' Jou groter self sê, 'My geloof in God en in myself is genoeg; ek sal dit bereik.' Jou mindere self sê, 'Dit neem te lank om my drome te realiseer.' Jou groter self sê, 'Drome word vervul een dag op 'n keer.' Jou mindere self sê, 'Genoeg is genoeg! Ek het te veel terugslae beleef.' Jou groter self sê, 'Ek het te ver gekom om nou tou op te gooi.' Jou mindere self sê, 'Ek het nie die krag om aan my drome vas te hou nie.' Jou groter self sê, 'Hou bietjie langer uit; dis die donkerste net voor sonsopkoms.' Paulus skryf, na hy skipbreuk gely het, gestenig, opgesluit en verraai is, honger en dors gely het, slaaploos, koud en kaal gelaat is, maar doelgerig en meedoënloos volhard het: 'As iemand swak is, voel ek self ook swak...' (2 Korintiërs 11:29 NV). Vanwaar kom daardie soort krag en uithouvermoë? God! Die opdrag wat God jou gee, sal nooit groter wees as die genade wat van Hom kom nie. Gebruik Sy krag, beur vorentoe, jaag jou doel na en jy sal seëvier.
Sielskos: 2 Kon 18:17-20:21; Matt 26:47-56; Ps 31; Spr 8:34-36 |
Ana & Andre Schoonbee God uses us to motivate and encourage the body. Authors
All
Archives
June 2015
|