Spr.12:25 Bekommernis in die hart van ‘n mens druk dit neer, maar ‘n vriendelike woord vrolik dit op. Dit is baie belangrik dat ons baie versigtig sal wees met die woorde wat ons spreek. Onhou wat Jesus gese het,"Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak (Mk.7:15). Jakobus waarsku ons, "Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is (Jak.3:8-9). Kies jou woorde dus versigtig, want negatiewe woorde bring negatiewe resultate en positiewe woorde bring positiewe resultate. Salomo het die krag van positiewe belydenis geken, "Vriendelike woorde is soos ‘n heuningkoek: soet vir die siel en ‘n genesing vir die gebeente (Spr16:24)' Wees dus versigtig met die woorde wat jy spreek, want jy weet nooit waneer jy dit self moet eet.(Spr.18:21). Begin jou dag, deur minstens 3 mense te komplimenteer met aangename woorde van opbouing en stigting. Gebed. Vader help my om my woorde te tel en dat dit altyd met sout besprinkel sal wees, sodat ek niemand aanstoot sal gee nie, in Jesus naam. Amen. Deuteronomium 33: 26 – 29“… God is ‘n skuilplek, sy arms is altyd onder jou”. In die Bible Expositor and Illuminator vertel die skrywer van sy vriend wat ‘n pragtige vrou en
lieflike 3-jarige dogtertjie gehad het. Donker hartseer kom skielik oor die huisgesin toe die vrou een middag in ‘n motorongeluk sterf. Die aand na die begrafnis, sit die jong pa sy dogtertjie in die bed. Terwyl hy met onhandige vingers sukkel om die nagklere se knope vas te maak, gaan die hele huis se ligte dood. Dadelik vermoed hy ‘n sekering (fuse) het uitgebrand. Die skakelbord is in die kelder en hy wil gaan kyk wat verkeerd is. Hy sê vir sy dogtertjie: “Lê net so stil in jou bedjie. Pappa gaan net gou die lig regmaak.” Verskrik wil sy begin huil oor die gedagte om so alleen in die donker agtergelaat te word. “Saamgaan, Pappa! Saamgaan!” begin sy kerm. Hy tel haar op in sy arms en so in die donker begin hy deur die huis loop, versigtig af met die trappe. Sy dogtertjie wikkel haar dieper in sy arms in en druk haar gesiggie in sy nek. “Donker, Pappa,” sug sy. “Ek nie bang nie, Pappa, by my.” ‘n Snik skeur uit sy hart en hy druk sy gesig in haar hare. “Ja, liefstetjie,” snik hy sag, “dit is baie donker, maar ek is ook nie meer bang nie. My Vader is by my en Hy hou my ook in sy arms vas.” Het ons ook al so ‘n pikdonker in ons lewe ervaar? Is dit nou dalk so donker? Daar is net een seker, veilige, troostende toevlug en dit is by God en sy liefde. “Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here God gekies as my toevlug”(Ps.73:28). “…my God gee lig as dit donker is om my” (Ps.18:29). Gebed: Here, vandag is dit donker. Ek soek U lig en nabyheid. Wat mense arm hou, is NIE TE MIN GELD in hulle sak nie. Wat hulle arm hou is ARMOEDE GEESTE. Poverty is ‘n SPIRIT. Iemand met ‘n armoede gees, dink armoede, praat armoede, voel armoede, droom armoede, vrees armoede en bevorder armoede. Hierdie persoon beleef armoede emosies en het ‘n armoede mentaliteit en identiteit. Van die armoede emosies sluit in: selfbejammering, selfverwyt, vrees, ongeloof, verwerping, negatiwiteit, pessimisme, hopeloosheid,
minderwaardigheid, onvergewensgesindheid, bitterheid en self-sabotasie. Jy sal nie een van hierdie emosies by GOD kry nie. JESUS het juis gesterf om ons te VERLOS van hierdie bose, armoede emosies. Hierdie is die “blessing blockers” wat verhoed dat GOD se LEWE en OORVLOED vir mense kan deurbreek. Die beginpunt van ‘n persoon se DEURBRAAK, is om hierdie emosies as bose, armoede emosies te ERKEN en dit nie langer as “goddelike of christelike emosies” te verdedig nie. Die Woord sê: Laat GOD julle VERANDER deur julle DENKE te VERNUWE (Rom. 12:2). GOD dink nie armoede en ellende nie. GOD dink LEWE en OORVLOED (Joh. 10:10). (1 TESSALONISENSE 5:11) "Daarom, soos julle reeds doen, moet julle aanhou om mekaar moed in te praat en geestelik op te bou."
Het jy al ooit jou eggenoot(e) heimlik met 'n ander man of vrou vergelyk, of gewens hulle was meer bedagsaam, meer geestelik, of iemand wat beter aangetrek het? As jy het, laat ek jou verseker dat die gras nie groener is aan die ander kant nie. Ons eggenote is die mense op wie ons verlief geraak het, en hulle het dikwels net 'n bietjie aanmoediging nodig. In plaas daarvan om te vergelyk en te kla, ondersteun jou maat in die areas waar hy of sy dit die meeste nodig het. 'n Aantreklike miljoenêr het met 'n vaal vrou getrou. Die dorp het daar oor gego ns. 'Hoekom het hy met haar getrou? Sy is nie op sy standaard nie." Toe hulle teruggekom het van die wittebrood, het dit gelyk asof die miljoenêr teruggekeer het saam met 'n ander vrou wat van selfversekerdheid gegloei het. "Dis nou die tipe vrou wat hy verdien," het die dorp se grootste kekkelbek gesê. Toe sien sy eers - dit was dieselfde vrou, maar sy was heeltemal anders! Haar nuwe man het haar selfvertroue opgebou totdat sy in haarself kon sien wat hy nog altyd gesien het. In plaas daarvan om rond te kyk, soek na die goeie in jou eggenoot. Wees bemoedigend, wys dat jy oplet wanneer hy of sy probeer verbeter, en word jou eggenoot se grootste aanhanger. Die Bybel sê: 'Die liefde... bly steeds vertrou... dit hou aan met hoop, dit verduur alles.' (1 Kor 13:7). Vra die Here om jou te help om jou eggenoot te sien soos wat jy eens op 'n tyd het." Mag al jou dae soos Smarties lyk!
Kleurvol, lekker en Soet! Rooi vir Liefde Geel vir Vrede Groen vir Lewe Bruin vir Krag Pienk vir Geluk Blou vir Kalmte & Pers vir jou Godlike status as kind van God! Jy is Royalty! Mag jy elke dag afsluit deur te se: 'WHAT A LOT OF BLESSINGS I'VE GOT!' Dit is ʼn lieflike somer oggend. Ek draf vinnig by die
kwekery in om ʼn kliënt se vetplantbestelling op te laai. Die pragtige groen spekboompies trek my aandag en ek fluit vir Hans om ʼn ekstra een te laai vir my tuintjie. Later die middag is my spekboompie egter iets van die verlede. Een van die werkers het die kan diesel agter op die trokkie oopgelos en die diesel het bo-oor die spekboompie gespat. Sy blaartjies het reeds begin verkleur en die grond is papnat van die diesel. Vies, sommer baie vies sit ek die vernielde spekboompie agter die Wendy huis waar ek hom later sal weggooi. Dis twee weke later. Ek soek na die blou gieter, en loer agter die Wendy huis in. My mond val oop. ʼn Klein stukkie van die dooie, diesel-deurdrenkte spekboompie het oorleef! Ek tel die potjie op en kyk na die natuurwonder. Net een takkie van die spekboompie het gras groen gebly en is besig om nuwe blaartjies te stoot. Ek vat onmiddellik die snoeiskêr, knip die gesonde takkie af, maak ʼn pot vol kompos, gooi ʼn miswurm en ʼn ekstra erdwurm in vir geluk en plant die takkie. As hierdie plantjie so graag wil leef, verdien sy ekstra liefde en aandag. Sommer so op my knieë, voor die blompotjie dink ek aan al vriende, en mense wat my lewe omring. Baie van ons oorleef ten spyte van die diesel wat soms op ons gemors word. Ons klou vas, hou uit, stoot selfs nuwe blare in doodgaan tye. Al is die grond waar ons geplant is dood en sonder enige waarde, bly ons groen en lewendig, net soos hierdie spekboompie. My gebed vir jou hierdie week -; dat jy met jou oë op God gerig, sal vasbyt. Jouself sal omvou in Sy liefde. Sal aanhou dankbaar wees vir die son wat oor goed en sleg skyn. Nooit sal ophou bid en droom van ʼn uitplantdag in beter grond nie. Ek weet God beplan vir elkeen van ons ʼn pot met vrugbare grond en ʼn ekstra erdwurm net vir die liefde! Selfvertroue (1)
Moet nooit deurmekaar raak met bevoegdheid en selfvertroue nie. Die een is gebaseer op jou vaardighede en die ander een kom van die wete van wie jy in Christus is: "... dat [jy] in Hom is." (1 Joh 2:5 NV). 'n Skrywer sê: "Die eerste ding wat ek oor selfvertroue geleer het, is dat ek dit nie gehad het nie... Ek het 'n dun lagie arrogansie bo-oor 'n kern van vrees gehad. Al die jare van wêreldse sukses het my doodbang vir mislukking gemaak. Wêreldse sukses vereis dat jy risiko's neem buite die gemaksones van vorige prestasies. Geestelike sukses vereis dat jy vergeet van die uitkomste en God toelaat om namens jou te werk... die valse selfvertroue wat ek gehad het, was gebaseer op my eie vermoëns... As jy egter skielik 'n knop in jou bors voel, of jou man sê hy het jou nooit liefgehad nie, of jy word afgedank, of jou kind is ernstig siek, sal geen taktiek of vaardigheid wat jy aangeleer het jou help nie... Die Bybel sê: '... jy [moet] jouself nugter... beoordeel volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het...' (Rom 12:3 NV). As jy jou selfvertroue van die Here af kry, kan omstandighede jou nie laat wankel nie." Jy sal bekwaamheid, vrede, tevredenheid en standvastigheid uitstraal. "Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het." (Rom. 12:6 NV). As jy jou gawe gebruik om God te vereer, doen jy wat Hy van jou verwag. Sielekos: 2 Tim 1-4; Luk 22:54-62; Ps 19; Spr 24:19-22 Selfvertroue (2) Dis onmoontlik om selfversekerd te wees as jy vir jouself sê dat jy niks gaan bereik nie. 'n Pastoor het in 'n preek gesê: "Nadat Adam en Eva van die verbode vrugte geëet het, het hulle weggekruip. God het na hulle toe gekom en gesê: 'Waar is julle?' Hulle het geantwoord: 'Ons kruip weg want ons is kaal.' Ek hou van die manier waarop God geantwoord het: 'Wie het vir julle gesê dat julle sonder klere is?' Met ander woorde: 'Wie het julle gesê dat daar iets fout is met julle?' God het dadelik geweet dat die vyand met hulle gepraat het. God sê vandag vir jou: 'Wie sê vir jou dat jy nie aantreklik genoeg is om 'n suksesvolle verhouding te hê nie? Of talentvol genoeg is om te floreer in jou beroep nie? Of dat jou huwelik nie gaan hou nie?' Dis alles die vyand se leuens. '[God] weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie.' (Ps 84:12 NV). Jy hét potensiaal, en dit verander nie net omdat jy dit nie glo nie. 'As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk ... het, trek Hy dit nooit weer terug nie.' (Rom 11:29 NV). Die Here sal nooit die potensiaal terugvat wat Hy vir jou gegee het nie. Hy sal ook nie sê: 'Jy het te veel kere al misluk en foute gemaak. Gee terug My gawes.' Nee... Sy roeping vir jou lewe sal met jou wees tot jy die aarde verlaat, maar dis ons keuse om dit te gebruik." "Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug." (Jak 4:7 NV). Sielekos: Sag 1-4; Luk 22:63-71; Ps 3; Spr 24:23-25 "Die kleinste liggie verdryf die donker." Lees Jesaja 60:1-6
Hoe dikwels word ons oorweldig deur die enormiteit van die probleme wat ons in die gesig staar? Massa hongersnood in Afrika. Straatkinders, 'n groeiende sosiale euwel. Stygende werkloosheid. Lewenskoste bokant ons vermoëns. Misdaad en korrupsie net waar jy kyk. Dan praat ons nie eens van die ware kwessies wat ons elke daag tee kom nie. Sal ek my werk behou? Sal ek my rekeninge kan betaal? Hoe maak ek om my kinders te laat luister? Hoe kan ek my verhoudings verbeter? Dit is al te maklik om voor al die bewyse van wanhoop en donkerte te swig en jouself oor te gee aan negatiwiteit. Want, wat kan ek doen? Ek is maar net een mens en al hierdie probleme is so groot. Dink hieroor - die grootste geleenthede ontstaan in tye van chaos. Almal wag vir iemand om iets te doen. In tye van wanhoop ontstaan die grootste geleentheid om goed te doen, om 'n verskil te maak. As alles goed gaan en volgens plan loop en almal positief en gelukkig voel dan sal jy iets regtig dramaties moet doen om gesien te word. Maar in tye van donkerte, van negatiwiteit en wanhoop maak die kleinste liggie van hoop 'n enorme verskil. Trek 'n vuurhoutjie in helder sonlig en net die wat naby jou staan sal dit raaksien en dit sal weinig verskil maak aan die lig. Maar trek daardie vuurhoutjie in die donkerte van die nag en skielik is dit glad nie meer donker nie. Daardie klein liggie kan van baie ver af gesien word en skyn soos 'n ligbaken, 'n straal van hoop vir die wat in nood verkeer. Streef, van vandag, daarna om 'n lig in die donkerte te wees. Soek die positiewe in alles, en as jy niks positief raaksien nie moet asseblief nie bydra tot die negatiewe nie. Moenie jou bekommer oor grootheid van die probleme nie maar doen eerder net dit wat jy kan doen en doen dit so goed soos wat jy kan. Maak seker dat jy deel is van die oplossing en dat jy nie deel is, of die oorsaak is, van die probleem nie. Besef dat "die kleinste liggie verdryf die donker" kies om daardie liggie te wees. Lewe met passie Geniet jouself so veel as wat jy kan Neem deel waar ook al en wanneer ook al jy kan Leer so veel as moontlik van so veel as jy moontlik kan Kies om te verander en te groei om die beste jy te wees wat jy kan. Verander jou lewe van om net 'n bestaan te maak tot om 'n verskil te maak! S_KSES of MISL_KKING is U keuse! Haar oë was groot en kinderlik-onskuldig met 'n sweempie van die ondraaglike pyn wat sy verduur toe sy vra "Mamma, kan ek alt sing in Liewe Jesus se hemelkoor? Juffrou Annalie sê ek is 'n alt, want ek kom nie die hoë note by nie"
Ek het vinnig weggedraai om kwansuis nuwe water in die vaas van pienk rose te tap en my trane het in die wit hospitaalwasbak gedrup toe ek sê: "Ek is seker Liewe Jesus het nog vir jou 'n plekkie tussen die alte, liefie." Toe ek 'n rukkie later met droë oë omdraai, was sy vas aan die slaap, haar skraal handjie beskermend om haar bruin teddiebeer. Sy was ses jaar oud, my enigste dogtertjie wat deurtrek is van die kanker. Die dokter het gesê dat ons ons in die loop van die volgende week gereed moes hou vir die ergste. Haar laaste wens was dat ons haar dierbaarste speelgoedjies in haar skooltassie moes pak en dat sy vir oulaas 'n dag by haar kleutermaatjies wou gaan speel. Juffrou Annalie het reeds op 'n mooi manier aan die kleutertjies vertel dat hulle nog een keer met Jaminda kon speel en dat sy daarna weggaan om by Liewe Jesus in die hemel te gaan speel. Jaminda self het ook geweet dat Liewe Jesus vir haar wag en ek het met 'n knop in my keel na my man gekyk as sy opgewonde raak oor die vooruitsig. My meisiekind se laaste skooldag het op 'n skamele sesjarige ouderdom aangebreek. Sy het vroegoggend vir my beduie watter blomme in die tuin ek vir juffrou Annalie moes pluk. "Van daardie geles, ma. Juffrou Annalie sê altyd ek is 'n regte sonstraaltjie in haar lewe." Die klein, bruin skooltassie was gelaai van die speelgoed. Ek gun jou die lekkerste speeldag van jou lewe my kind, het ek bewoë gedink toe ek haar uit die motor in die rolstoel tel. Die kleuterklassie het die ene oë, maar verskrik, agter juffrou Annalie bly staan toe ons klas toe beweeg. Jaminda se beste maatjie, Knoxie, het huiwerig vorentoe getree. "Kan ek Jaminda stoot, tannie?" en ek het, dankbaar vir die gebaar, oorgegee aan my klein helpertjie. Dit het die ys gebreek. Binne oomblikke was die hele klas om die rolstoel geskaar. Dirkman het verneem of die rolstoel se wiele slime in het, terwyl Emma en Fransien wou weet of die inspuitings seer was. Ek en juffrou Annalie het verwese eenkant trane afgevee en toe dapper begin deelneem aan die kleuters se skynbaar gewone gesprek. Na 'n uur se gesels kon ek sien dat die opwinding besig was om sy tol te eis. Jaminda se oë was baie blink in haar bleek gesiggie. Toe vra sy of sy iets kan sê voor ons huis toe gaan. Juffrou Annalie het al die kleuters voor haar op die mat laat sit. Wat daarna gebeur het, het my van alle woorde gestroop. Ek het al in my enigheid begin wonder waarom die bruin tassie saamgekom het. Jaminda het die tassie oopgeknip en elkeen van haar vyftien kleutermaatjies by name vorentoe geroep. Op vyftien van haar geliefkoosde speelgoed het sy name met papiertjies en kleeflint vasgeplak. "Emma, jy moet my porselein-teestelletjie kry - dink aan my as jy en jou poppe tee drink. Dirkman, hier is my fietspomp - jou fiets se wiele is mos altyd pap. Fransien, hier is my hartjie hangertjie waarvan jy so baie hou. As jy hom oopknip, is daar 'n fototjie van my in." So het die pynlike uitdelery aangehou. En toe kom Knoxie, haar spesiale maatjie, aan die beurt. Ek het my nek gerek, maar die bruin tassie het vir my leeg gelyk. Het Jaminda van Knoxie vergeet? Maar nee, Jaminda het haar mees geliefde speelding van haar skoot af opgetel, een laaste kyk in die bruin teddiekraalogies gegee en hom toe met 'n besliste trekkie om haar mond vir Knoxie aangegee. "Pas Teddie mooi op, want ek is baie lief vir hom. Vat ook my bruin tassie - ek het klaar jou naam in die deksel geskryf. Juffrou, ek moet nou huis toe gaan. Kan ons vir oulaas Stille Nag sing?" bewerig het sy opgestaan en tussen die alte gaan staan en nog nooit het Stille Nag so na-aan die van 'n engelekoor geklink nie. In die motor op pad huis toe het sy teruggesit, vir my gekyk, geglimlag en 'n laaste tevrede sug gegee. Ek het met trane in my oë besef: Jaminda het so pas aangemeld as alt by die hemelkoor... .... En as jy nie 'n kind van jou eie het nie - gryp sommer iemand anders s'n in die verbygaan en gee hom/haar 'n stywe drukkie - hoe sal jy ooit weet - miskien is dit ook vir oulaas. "The world is round and the place which may seem like the end may also be only the beginning." Ivy Baker Strek-oefeninge
Vergeet die dinge wat agter is en strek jou uit na wat voor is. (Fil 3:14) Asemhalings oefeninge Laat alles wat asemhaal, die Here prys, Halleluja! (Ps150:6) Brein-oefeninge Watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees, daarop moet julle julle gedagtes rig. (Fil 4:8) Oog-oefeninge Die oog gevestig op Jesus, die begin en voleinder van die geloof. (Heb 12:2) Gesigoefeninge Wees altyd bly in die Here, ek herhaal wees bly. (Fil 4:4) Oor-oefeninge Elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. (Jak 1:9) Tong-oefeninge Met dankbaarheid in julle harte moet julle Psalms, lofsange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. (Kol 3:16) Been-oefeninge Versterk daarom die slap hande en die lam kniee en loop die reguit pad. (Heb 12:12) Hart-oefeninge Skep vir my 'n rein hart, O God, vernuwe my Gees en maak my standvastig. (Ps 51:12) Nek-oefeninge Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. (Jes 41:10) Hand-oefeninge Ek strek my uit in gebed na U toe. (Ps 143:6) Ontspannings-oefeninge Werp al julle bekommernisse op Hom, want hy sorg vir julle. (1 Pet 5:7) Lekker oefen! |
Ana & Andre Schoonbee God uses us to motivate and encourage the body. Authors
All
Archives
June 2015
|