Ek sal 1946 se Paastyd nie vergeet nie. Ek was 14, Ocy 12 en Darlene 16. Ons drie het saam met Mamma gebly en het geweet wat dit beteken om sonder baie dinge klaar te kom. My pa is vyf jaar tevore dood en het my ma met sewe kinders, sonder enige geld, agtergelaat. Teen 1946 was die oudste vier kinders reeds uit die huis.
'n Maand voor Paasfees het die dominees aangekondig dat daar op Paasfees 'n spesiale kollekte opgeneem sou word om 'n arm gesin te help. Hy het almal gevra om geld te spaar, werklik 'n offer te bring en ruim by te dra. Terug by die huis het ons dadelik gesels oor wat ons kan doen. Ons het besluit om 50 pond (ongeveer 23kg) aartappels te koop en vir die hele maand daarop te lewe. Op die manier kon ons R20 op ons kruideniersbegroting spaar om by te dra. Ons het ook besluit om so min as moonlik elektrisiteit te gebruik om nog meer te spaar. Ons het mense se huise en agterplase skoongemaak en elke geleentheid om kinders op te pas, aangegryp. Met elke 15 sent wat ons gekry het, het ons genoeg wol gekoop om drie vatlappe te brei wat ons dan weer vir R1 verkoop het. Op die manier het ons nóg R20 bymekaar gemaak. Die maand was een van die bestes in ons lewe. Ons het elke dag die geld getel om te sien hoeveel ons al gespaar het. Saans het ons in die donker gesit en gesels oor hoe die arm gesin die geld wat die kerk aan hulle gaan gee, sal geniet. Aangesien daar ongeveer 80 mense in die kerk was, het ons uitgewerk dat die gemeente ten minste 20 keer meer kan gee as wat ons eie bydrae is. Na alles het die dominee die gemeente elke Sondag aan die spesiale bydrae herinner. Die dag voor Paasfees het ek en my sussie na die kruidenierswinkel gegaan en al ons kleingeld omgeruil vir drie nuwe R20-note en een R10 noot. Ons het huis toe gehardloop om vir Mamma en Darlene te gaan wys. Ons het nog nooit voorheen soveel geld gehad nie. Daardie nag kon ons byna nie slaap nie, so opgewonde was ons. Dit het ons nie gehinder dat ons nie nuwe klere vir Paasfees kon kry nie, want ons het R70 vir die spesiale offergawe gehad. Ons kon nie wag om kerk toe te gaan nie. Daar die Sondag het die behoorlik gereën. Ons het nie 'n sambreel besit nie, maar het ook nie omgegee hoe nat ons word nie. Selfs Darlene se voete het papnat geword omdat haar skoene al stukkend was. Ons het trots in die kerk gesit. Ek het gehoor dat van die ander tieners iets fluister oor die Smith-dogters wat weer hul ou rokke aan het. Ek het na hulle in hulle nuwe rokke gekyk en baie ryk gevoel. Toe die kollekte opgeneem word, het Mamma die R10-noot ingegooi en ons kinders elkeen R20. Op pad huis toe het ons gesing. Middagete het Mamma ons verras. Sy het 'n dosyn eiers gekoop en ons kon Paaseiers saam met ons aartappels eet. Laat daardie middag het die dominee voor ons huis gestop. Mamma het die deur oopgemaak, 'n oomblik met hom gepraat en toe teruggekom met 'n koevert in haar hand. Ons het gevra wat dit was, maar sy het niks gesê nie. Sy het die koevert oopgemaak. Toe val daar 'n klomp geld uit… drie nuwe R20-note, een R10 en sewentien R1’e. Mamma het die geld teruggesit in die koevert en niemand het 'n woord gesê nie. Ons het almal net na die vloer gesit en staar. Waar ons 'n oomblik gelede nog soos miljoeners gevoel het, het ons nou arm en waardeloos gevoel. Ons het so 'n gelukkige lewe gehad dat ons almal jammer gekry het wat nie ons pa en ma gehad het nie, of 'n huis vol boeties, sussies en vriende wat gedurig kom kuier het nie. Ons het gedink dit is pret om eetgerei te deel en altyd te wonder wat jy vanaand gaan kry: die vurk of die lepel? Ons het twee messe gehad wat ons rondgestuur het vir wie dit ook al nodig gehad het. Ons het geweet dat ons baie van dit wat ander mense het, nie het nie, maar ons het nooit gedink ons is arm nie. Maar daardie Paasfees het ons uitgevind dat ons wel arm is. Die dominee het immers die geld wat vir die arm gesin ingesamel is, vir ons gebring. So, ons moet dan arm wees! Ek het niks daarvan gehou om arm te wees nie. Ek het na my rok en verslete skoene gekyk en was so skaam dat ek nie weer kerk toe wou gaan nie. Almal het blykbaar lankal geweet dat ons arm is. Op skool was ek in graad 9 en het eerste gestaan uit meer as 'n 100 kinders. Ek het gewonder of dié kinders ook weet dat ons arm is. Ek het besluit om skool te los, aangesien ek reeds graad 8 geslaag het en dit was al wat die wet destyds vereis het. Ons het lank in stilte gesit. Later het ons gaan slaap. Gedurende die week het ons min gepraat. Saterdag het Mamma die stilte verbreek en gevra wat ons met die geld wil doen. Ons het gewonder. Wat doen arm mense met geld? Ons het nie geweet nie, want ons het nie geweet dat ons arm is nie. Ons wou nie Sondag teruggaan kerk toe nie, maar Mamma het gese ons moet. Al was dit 'n lekker sonskyndag, het niemand op pad kerk toe gepraat nie. Mamma het 'n lied begin sing, maar niemand het saamgesing nie. By die kerk het 'n sendeling gepraat. Hy het vertel hoe mense in Afrika kerke bou met songedroogde kleistene, maar dat hulle geld benodig om die dakke op te sit. Hy het gesê dat R100 genoeg is vir een kerk se dak. Die dominee het gevra: Kan ons nie almal 'n offer bring om die arm mense te help nie? Ons het na mekaar gekyk en vir die eerste keer daardie week geglimlag. Mamma het haar hand in haar handsak gesteek en die koevert uitgehaal. Ons het dit aangestuur na Ocy en sy het dit in die kollektebordjie gegooi. Nadat die geld getel is, het die dominee aangekondig dat die bydrae net oor die R100 was. Die sendeling was baie opgewonde. Hy het nie so 'n ruim bydrae van ons klein gemeentetjie verwag nie. Hy het gesê: Julle moet beslis ryk mense in julle gemeente hê. Toe tref dit ons. Ons het R87 van die net meer as R100 gegee… so ons is die ryk familie in die gemeente. Het die sendeling nie self so gesê nie? Van daardie dag af was ek nooit weer arm nie… en ek onthou altyd hoe ryk ek is omdat ek Jesus het! Comments are closed.
|
Ana & Andre Schoonbee God uses us to motivate and encourage the body. Authors
All
Archives
June 2015
|