As jy jou vertroue in Christus plaas, sal jou siel gered word en jou lewe sal op 'n positiewe manier verander. Baie mense kan hiervan getuig. Abraham Lincoln vertel dat hy opnuut deur God se Gees gebore is die dag toe hy sy bekende toespraak by Gettysburg gelewer het. Martin Luther was uitermate godsdienstig en hy was nie eers bewus van die hergeboorte nie. Dit het egter verander toe hy hierdie woorde ontdek het: "Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe." (Rom. 1:17 NV). Skrywers soos Fyodor Dostoevsky en Leo Tolstoy van Rusland het ook al beskryf hoe God se Gees hul lewens verander het. Chuck Colson, een van President Richard Nixon se persoonlike assistente en skrywer van die blitsverkoper Born again, het vertel van 'n drastiese verandering in sy lewe na sy hergeboorte. Dit getuig daarvan dat jy gered kan word ongeag die saldo van jou bankrekening. Toe die tronkbewaarder van Filippi vir Paulus vra wat hy moet doen om gered te word, het Paulus nie vir hom 'n teologiese skripsie gegee nie. Hy het eenvoudig gesê: "Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin." Jy kan vandag gered word, én jou lewe en getuienis kan jou hele familie vir Christus wen as hulle hul sonde berou (2 Pet. 3:9). Dink net watter verskil dit kan maak! Jy hoef dit nie noodwendig te verstaan nie, maar jy kan dit ervaar deur vandag jou vertroue in Christus te plaas.
Sielekos: Jos 8:30-10:43; Luk 19:28-40; Ps 103:13-22; Spr 23:1-3
1 Comment
Ben Biggs
9/13/2013 10:06:57 pm
Ek deel graag met u en die hele wereld.
Reply
Leave a Reply. |
Ana & Andre Schoonbee God uses us to motivate and encourage the body. Authors
All
Archives
June 2015
|