Mat.14:26 En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ‘n spook! En hulle het geskreeu van vrees.
27 Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie. 28 En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom. 29 En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op di water om na Jesus te gaan. 30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my! 31 Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel? Petrus het op die water geloop, maar hy het begin sink toe hy sy oë van Jesus af wegdraai en begin kyk na die golwe en die wind. Sy geloof het eerste gesink, want hy het vergeet ons wandel deur geloof en nie aanskouing nie (2Kor.5:7). Jy mag dalk nie besig wees om op water te loop nie, maar jou probleem is net so groot. Die wind waai en die golwe bruis, moenie daarna kyk nie, kyk na Jesus. Moenie na die omstandighede kyk nie, jy gaan sink, hou jou oë op Jesus gevestig, Hy is die enigste een wat werklik kan help en Hy wil. Volhard in die geloof, waak daarin met danksegging en jy sal ook op die water loop.
Gebed. Baie dankie Vader, dat Jesus nog steeds daar is om my te help as ek wil sink. Amen.