Elke ouer moet hom of haarself afvra:
Wil ek graag hê en of verwag ek, dat my kind my gehoorsaam moet wees aan die geskrewe en mondelinge reels van ons huishouding ? OF Sê ek vir my kind, al die reels vir 'n wonderlike gelukkige lewe is daar, maar jy hoef dit nie na te kom nie, want dis te moeilik, of jy sal dit in elk geval breek. Kies maar waarvan jy hou om na te kom, los die res. Elke kind kan in sy groep besluit waarvan hul hou en dit doen. 'n Ander groep of kind kies weer hul eie reels,en volg dit. Verder moet jy maar staatmaak op my genade of ek jou sal straf, onterf, vergewe of maar net sal oorslaan elke keer as jy dit breek. Ek as ouer sal elke week my reels vir jou lees, maar soos gesê jy is eintlik vry daarvan, maak net staat op my genade. Kom luister net gereeld daarna waar ek dit voorlees, of lees dit gereeld self in die boek wat ek vir jou gegee het, maar steur jou nie daaraan nie ... Klink so 'n huishouding normaal en sulke ouers reg in hul opvoeding ? Hul wat die kinders gemaak het en outoriteit het oor hulle ? Sal jy as ouer gelukkig wees met so `n opstandige kind ? Nou is daar nog 'n groep kinders wat uit dankbaarheid en oneindige liefde, alles wat die vader vir hul opgeskryf het, graag wil nakom. Hul doen hul bes om tenspyte van hul swakheid en gereelde oortredings, wetend of onwetend, sy reels na te kom en hom in vreugde wil gehoorsaam. Dink maar aan jou eie kinderdae hoe jy uit respek jou ouers gehoorsaam het en soms maar geluister het, al het jy nie verstaan nie. Dis vir hul 'n vreugde, en plesier, om hul vader se riglyne te bestudeer, te leer en te wil gehoorsaam. Word die gehoorsame groep kinders skielik oornag sonder foute, sonder sonde, volmaak ? Kyk bietjie na jou eie kinders. Toe hul gehoorsaam was aan jou, het hul skielik "engeltjies" geword ? Of het jy hul so lief omdat hul jou ag en respekteer en in hul gebroke vermoeë in alles so getrou en gehoorsaam is ? OF Omdat hul as mens struikel, moet hul liewers ophou na jou luister ? Ophou gehoorsaam wees aan jou voorskrifte ? Liewers hul eie reels opstel. Wat glad nie in die handleiding staan of deels, wat hul dink makliker sal wees om na te kom ? Al lei dit hul in die afgrond in ? Kan 'n kind vir `n ouer voorskryf ? Het hy die lewenservaring ? Waarvoor het hy 'n ouer dan nodig ? Hoekom is die eerste groep kinders altyd so krities op die gehoorsame groep ? Hoekom altyd hul probeer oortuig hul dwaal ? Hoekom dink hul, dat die gehoorsame groep kinders, wat hul ouers onvoorwaardelik glo en vertrou, nou volmaak moet wees ? Hul moet liewers ongehoorsaam wees en eie, min, buigbare en maklike reels opstel. Die gehoorsame groep durf ook nie die ander groep reghelp nie, dan is dit oordeel en groot gevegtery ontstaan. Laastens, die hele lewe bestaan uit instruksies, reels en wette, die skepping is gebou op instruksies, reels en wette ... the wet van gravitasie, energie, ens. Kyk maar as ‘n leeu welpie nie naby sy ma bly nie en afdwaal, is dit noodlottig. Die reels of wette van natuur bepaal dat daai welpie deur ander diere verskeur sal word. Net so het ons ook instruksies, reels en wette om volgens te lewe, as ons dit nie onderhou nie sal ons verskeur word deur die vyand. Mense moet die konteks van ons Vader se genade verstaan, dit word totaal buite konteks geruk. Ons kan nie maak soos ons wil nie en verwag dat Vader ons net oor en oor sal vergewe nie. Ons moet ook ons oneindige dankbaarheid vir YAHuashua se dood betoon deur gehoorsaam te “probeer” wees. Dis nie altyd moontlik nie, maar ons moet regtig probeer. Ons kan nie maak soos ons wil en verwag Vader moet genadig wees nie, ons moet ten minste probeer. Laastens, ek gaan nie skrif gebruik om hierdie basiese lewensfilosofie te beklemtoon nie, en ek gaan ook nie in ‘n skrifgeveg betrokke raak nie. My gebed is dat die sluier van elkeen se oë en hart gelig sal word. Mag Vader se Ruach tot elkeen spreek wat hier lees. Comments are closed.
|
Ana & Andre Schoonbee God uses us to motivate and encourage the body. Authors
All
Archives
June 2015
|