Die Bybel praat van vier soorte mense wat gee. Ons gaan oor die volgende paar dae na elkeen kyk.
Beursiemense. In Haggai, die profeet, se dae was die Israeliete so besig om geld te maak dat hulle geen tyd vir God gehad het nie. Klink dit bekend? God het vir hulle gesê: "'Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl My huis in puin lê? ... Julle het baie gesaai, maar min geoes; ... julle is soos 'n dagloner wat sy loon in 'n stukkende beursie steek ... Julle het 'n groot oes verwag, maar min gekry, en wat julle nog huis toe gebring het, het Ek laat verdwyn. Waarom?' Vra die Here die Almagtige. 'Omdat my huis in puin lê, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan julle eie huis te werk.'" (Hag 1:4-9 NV). As jy wil hê God moet vir jou huis sorg, moet jy vir Sy huis sorg. Hoeveel moet jy gee? God sê dat 'n tiende van jou inkomste aan Sy kerk behoort (Lev 27:23 NV). Dit wat jy bo en behalwe jou tiende gee, sal bepaal word deur:
Kruikmense. In die middel van 'n verwoestende hongersnood het God Elia na Sarfat toe gestuur en vir hom gesê dat hy 'n weduwee daar sal ontmoet wat vir hom kos sal gee. Hoekom het God nie vir Elia na 'n ryk familie toe gestuur nie? Omdat hulle nie 'n wonderwerk nodig gehad het nie, maar sy het! Toe Elia vir die vrou vra vir iets om te eet, het sy gesê dat sy net genoeg meel oorgehad het vir nog een maaltyd voordat sy en haar seun sou sterf. Sy was op die punt om in 'n wonderwerk in te stap, maar sy moes eers oor die vrees vir vrygewigheid kom. "Elia sê toe vir haar: 'Moenie bekommerd wees nie... maak eers vir my 'n roosterkoek en bring dit hier... So sê die Here die God van Israel: Die meel in die kruik sal nie opraak nie... totdat die Here laat reën het op die land.' Sy gaan maak toe soos Elia gevra het... Die meel in die kruik het nie opgeraak nie..." (1 Kon. 17:13-16 NV). Sy het elke dag nog meel in die kruik gekry. Sy het ontdek dat God in al jou behoeftes sal voorsien as jy Sy Woord nakom. Is jy bang om dit wat jy het, weg te gee ingeval daar nie genoeg is nie? Moenie wees nie. Jy sal nooit meer kan gee as wat God gee nie! Hy het belowe om dit wat jy vir Hom gee vir jou terug te gee: "Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol..." (Luk. 6:38 NV). Sielekos: Jos 14-15; Luk 20:1-8; Ps 142; Spr 23:7-9 Mandjiemense. 'n Seuntjie het vir Jesus sy middagete gegee en Jesus het vyfduisend mense daarmee gevoer, en twaalf mandjies vol het oorgebly. Mandjiemense vind 'n behoefte wat groter is as hulle eie en sê: "Here, hier is dit wat ek het; vat dit, seën dit en gebruik dit." Die seun staan in kontras teenoor die dissipels. Let op:
Sielekos:Jos 16:1 - 19:23; Lk 20:9-19; Ps 20; Prov 23:10-12 Skuurmense. God het Josef gebruik om die nasies te voed tydens 'n wêreldwye hongersnood. Die Farao se adviseurs kon nie sy droom uitlê nie, maar Josef het. Hy het vir die Farao 'n plan gegee wat nie net vir Egipte van kos voorsien het tydens die hongersnood nie, maar ook vir die wêreld. Dié plan het die Farao ook as 'n ryker man uit die krisis laat stap. As jy God dien, kan Hy vir jou inligting gee oor die toekoms. Hy kan vir jou die wysheid gee om te oorleef én selfs te floreer tydens 'n resessie. Maar jy kan nie oornag so 'n verhouding met God bou nie! Josef se pad na die troon het met baie vertraging, ompaaie en moedeloosheid gepaard gegaan. Sy familie het hom verraai, hy het 'n onregverdige tronkstraf ontvang en vir jare gewonder wanneer God Sy belofte sal nakom om hom 'n leier te maak. Hy het egter nooit in God getwyfel nie, en jy moet ook nie! As God iemand soos Josef die eerste minister van Egipte maak, kan niks en niemand Hom weerhou om Sy belofte aan jou na te kom nie. Ten slotte, as jy 'n beursiemens is, begin om God eerste te plaas in jou finansies. As jy 'n kruikmens is, moenie bang wees nie, want God sal vir jou teruggee. As jy 'n mandjiemens is, plaas dit wat jy het in God se hande en kyk hoe Hy dit vermenigvuldig. As jy 'n skuurmens is met 'n hart wat strewe daarna om in ander mense se behoeftes te voorsien, kan geen aanslag van jou vyande jou stop nie. Sielekos: Heb 11:1-6; Mt 21:18-22; Mt 8:5-13; Mk 6:1-6
0 Comments
Leave a Reply. |
Ana & Andre Schoonbee God uses us to motivate and encourage the body. Authors
All
Archives
June 2015
|