Lord You are our everlasting Father. We receive Your blessing & favor on our lives knowing that Your favour last a lifetime Amen Psalm 30:5 His favour last a lifetime.
"Therefore we also pray always for you that our God would count you worthy of this calling, and fulfil all the good pleasure of His goodness and the work of faith with power". 2 Thessalonians 1:11
Nou die aand moes ek by Morelepark se aanddiens preek. Hierdie diens is gerig is op die jonges. By hierdie geleentheid is vyf tannies uitgestuur om vir ‘n paar weke in ‘n land in Noord Afrika Christene te gaan dien en bystaan. Ek was so opgewonde dat hierdie dames, wat almal al oumas is, by ‘n erediens vir jongmense opgedra is aan die Here. Wat ‘n getuienis dat daar nie aftree-datums bestaan wat betref die Here se werk hier op aarde nie. Die enigste aftree-teks wat ek ken, kom in Openbaring 14 voor waar vertel word dat almal wat in die Here sterf gelukkig of geseënd is, want dan sal ons eers rus van al ons arbeid. Dus wag ons aftee-pakket eers aan die anderkant!
In elk geval, een van die dames vertel toe vir my dat iemand al vyf van hulle se vliegtuigkaartjies en ander onkostes geborg het. Maar toe haar elfjarige kleinkind hiervan hoor, het hy so ‘n rukkie nagedink en toe gesê dat sy ouma asseblief vir die oom moet sê hy hoef nou R200 per tannie minder te betaal. Hy het ‘n duisend rand opgespaar en hy wil dit graag weggee vir die Here se werk. Aangrypend! As ‘n jong outjie die evangelie snap (en met name Paulus se woorde in Handelinge 20:35 dat die Here Jesus gesê het dis beter om te gee as te ontvang), dan het ons nie ‘n verskoning nie. Dit is nie genoeg om net vir mense te sê ons dink aan hulle nie. Ons harte en hande moet ook in beweging kom. Ons lewens moet altyd die taal van ons geloofsbelydenisse praat. Dit is ’n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste (1 Timótheüs1:15). Wat is die beste geskenk wat jy hierdie Kersseisoen aan die Here kan gee? Is dit die gesange wat ons sing, die mooi Kersversierings, blink liggies en vuurwerke? Dit is alles mooi, maar dit sal Hom regtig nie beïndruk nie, want Hy woon in ’n plek waar die skoonheid en heerlikheid beter is as enigiets wat die mens nog ooit gesien het o f hom kan voorstel. Die strate in die hemel is met goud geplavei en die lig waarin Hy wandel is so dat geen mens dit kan nader nie (1 Timótheüs 6:16). So, al die "flikkerende Kersliggies" en die "rooi-goud-en-groen" versierings sal Hom nie regtig beïndruk nie. Wat die Here tydens Kersfees sal beïndruk, is jou geskenk van liefde aan Hom, wat jy gee deur ’n sondaar te lei om verlossing te ontvang. Niemand is in die hemel toegejuig of vereer omdat hulle die beste Kersversierings opgesit het of die luidrugtigste Kerspartytjie gereël het nie. Wat die hemel se aandag trek, is daardie mens wat jy aanraak met die liefde van Christus en wat jy tot verlossing lei. Dit is wat vreugde in die Vader se hart bring en veroorsaak dat almal in die hemel uitbundig jubel: "Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie" (Lukas 15:7). Dit laat jou weet wat jou prioriteit moet wees hierdie tyd van die jaar en altyd! Jy moet aanhou om vreugde in die hemel te bring deur mans en vrouens tot redding te bring. Dit is die grootste geskenk wat jy die Here kan gee. Jesus is gebore om kinders van God groot te maak, en dit is waarvoor die Landbouer wag. Hy is op die uitkyk vir die kosbare vrug van die aarde (Jakobus 5:7). Soos jy ’n sondaar na Christus lei, bring jy Sy oes in; die siele van mense. Miskien het jy verlede Kersfees ’n sondaar na Christus gewen, en as gevolg daarvan was daar vreugde in die hemel, maar nou behoort jy nog ’n geskenk aan die Here te gee sodat daar groter vreugde sal wees. Die grootste geskenk van almal wat jy aan Hom kan gee, is wat ons in Lukas 15:7 lees: "Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie." Lei hierdie Kerstyd ’n sondaar en jy maak dit ’n onvergeetlike Kersfees vir die Here. Gebed Liewe Vader, ek aanbid en verheerlik U vir u Woord wat gekom het om aan my te bedien. Ek gaan uit na my wêreld, reik uit na elkeen met wie ek in aanraking kom en wen siele soos ek die geboorte van Jesus Christus vier. Dankie, Here, want my krag is hernu soos ’n arend s’n en ek is gereed om vir U die grootste geskenk van almal te kry, in Jesus se Naam. Amen. VERDERE STUDIE: 1 Korinthiërs 9:16 Afrikaans - Geseende Kersfees Afrikander - Een Plesierige Kerfees Albanian -- Gezuar Krishtlindjet Arabic - I'd Miilad said oua sana saida Armenian - Shenoraavor Nor Dari yev Pari Gaghand Basque - Zorionstsu Eguberri. Bengali - Bodo Din Shubh Lamona Bohemian - Vesele Vanoce Breton - Nedeleg laouen na bloavezh mat Bulgarian - Tchestita Koleda; Tchestito Rojdestvo Hristovo Chinese - (Mandarin) Kung His Hsin Nien bing Chu Shen Tan (Catonese) Gun Tso Sun Tan'Gung Haw Sun (Hong Kong) Kung Ho Hsin Hsi. Ching Chi Shen Tan Cree - Mitho Makosi Kesikansi Croatian - Sretan Bozic Czech - Prejeme Vam Vesele Vanoce a stastny Novy Rok Danish - Gladelig Jul Dutch - Vrolijk Kerstfeest en een Gelukkig Nieuwjaar! English - Merry Christmas Estonian - Roomsaid Joulupuhi Farsi - Cristmas-e-shoma mobarak bashad Finnish - Hyvaa joulua French - Joyeux Noel Frisian - Noflike Krystdagen en in protte Lok en Seine yn it Nije Jier! German - Froehliche Weihnachten Greek - Kala Christouyenna! Hawaiian - Mele Kalikimaka Hebrew - Mo'adim Lesimkha. Chena tova Hindi - Bada Din Mubarak Ho Hungarian - Kellemes Karacsonyi unnepeket Igbo (Nigeria) "Ekeresimesi oma." Icelandic - Gledileg Jol Indonesian - Selamat Hari Natal Iraqi - Idah Saidan Wa Sanah Jadidah Irish - Nollaig Shona Dhuit Italian - Buone Feste Natalizie Japanese - Shinnen omedeto. Kurisumasu Omedeto Kiswahili - Krisimasi Njema!! Korean - Sung Tan Chuk Ha Latvian - Priecigus Ziemas Svetkus un Laimigu Jauno Gadu Lithuanian - Linksmu Kaledu Maori - Meri Kirihimete Marathi - Shub Naya Varsh Navajo - Merry Keshmish Norwegian - God Jul Og Godt Nytt Aar Pennsylvania German - En frehlicher Grischtdaag un en hallich Nei Yaahr! Polish - Wesolych Swiat Bozego Narodzenia Portuguese - Feliz Natal Romanian - Craciun Fericit Russian - Pozdrevlyayu s prazdnikom Rozhdestva i s Novim Godom Serbian - Hristos se rodi Slovakian - Sretan Bozic or Vesele vianoce Samoan - La Maunia Le Kilisimasi Ma Le Tausaga Fou Scottish - Nollaig Chridheil agus Bliadhna Mhath Ur Sesotho: Keresemese e monate Serbian - Hristos se rodi! Singhalese - Subha nath thalak Vewa. Subha Aluth Awrudhak Vewa Slovak - Vesele Vianoce. A stastlivy Novy Rok Spanish - Feliz Navidad! Swahili - 'Sikukuu Njema'. Swedish - God Jul Tagalog - Maligayang Pasko. Tamil - Nathar Puthu Varuda Valthukkal Thai - Sawadee Pee Mai Turkish - Noeliniz Ve Yeni Yiliniz Kutlu Olsun Ukrainian - Srozhdestvom Kristovym Urdu - Naya Saal Mubarak Ho Welsh - Nadolig Llawen Zulu: Nginifisela inhlanhla nempumelelo enyakeni omusha |
Ana & Andre Schoonbee God uses us to motivate and encourage the body. Authors
All
Archives
June 2015
|