Christian Motivations
  • Christian Motivations Blog
  • Zoe Support Jobs
  • Events & Prayer
  • Contact us

Leer om  te  wag

1/13/2014

 
Picture
Psalm 31:16 NV 
 
Die  Psalmskrywer skryf: "... ek vertrou op U, Here... My tye is
in U  hand..." (Ps 31:15-16 NV). Soos wat jy 'n pad met die Here stap, sal jy 
vind dat jy baie meer wag as wat jy ontvang. En as jy ontvang het waarvoor jy   gewag het, begin jy wag vir iets anders! Paulus skryf: "Laat ons dan nie  moeg  word om goed te doen nie, want... ons [sal] op die bestemde tyd ook die  oes  insamel." (Gal 6:9 NV). Die "bestemde tyd" is wanneer God  weet dat die tyd reg  is, nie wanneer jy dink dit is nie. God het 'n vaste tyd  wanneer Hy goed in jou  lewe wil laat gebeur, en dis wanneer dit gaan gebeur;  nie 'n oomblik vroeër  nie. Die Here weet wat jy nodig het, wanneer jy dit  nodig het, en hoe om dit by  jou te kry. Jy wonder dalk wat jy moet doen  terwyl jy wag. Vertrou op Hom! Een
Bybelkundige skryf: "Die Here het my  geleer om die lewe wat ek nou het aan te   hou lewe terwyl ek wag vir die dinge  wat in my hart is. Ons raak so gefokus  daarop om die volgende ding te sien  gebeur dat ons nie die dinge geniet wat nou  in ons lewens is nie. Ek het 'n  visie van die Here gekry tien jaar voor ek   begin sien het hoe dit vervul  word. Gedurende daardie jare het ek heelwat  vreugdes gemis omdat ek dinge aan  die gang probeer kry het buite God se  tydsberekening. Leer om te geniet waar  jy is, terwyl jy besig is om te wag om  te kom waar jy wil wees."
Sielskos:
Hand 12-13;  Matt 9:14-26;    Ps 123;    Spr  16:1


Oorgerus   of  oorgegee?

1/12/2014

 
Picture
 
"Daniël   het homself voorgeneem om hom nie met die koning se  kos en wyn te verontreinig nie..." Daniël en sy vriende het reeds geweet wat  hulle gaan doen, brandende oond of nie. "Ons het ons God vir wie ons dien. Hy    het die mag om ons te red... en Hy sal ons ook red... Selfs as Hy dit nie doen  nie, moet u weet dat ons nie u god sal dien nie..." (Dan 3:17-18  NV). Wat glo  jy oor God? As jy dink dat Hy jou dalk in die steek mag laat,  het jy jouself  nog nooit ten volle aan Hom oorgegee nie. Toewyding is iets wat geleidelik  groei! Die drie Hebreeuse jongmense het geweier om die koning   se kos te eet,  en later kon hulle weier om sy afgode te aanbid. Jy kry nie sommer eensklaps  daardie soort geloof nie. Die meeste van ons kan 'n punt   identifiseer waar ons  lewens dramaties verander het. Ons het 'n besluit  geneem wat ons lewens van
daardie punt af vorentoe sou beïnvloed. Voordat jy  jouself egter waarlik aan  iets kan verbind, moet jy drie probleme
oorkom: 
 
  1. Die  onsekerheids probleem.
    Mense wat onseker is van hulself is bang om risiko's   te neem; hulle maak  op hulself staat eerder as op God.
  2. Die  sukses probleem. 
    As jy wel suksesvol is, wil jy dit beskerm, en daarom leef jy  verdedigend.
  3. Die  bevredigings probleem.
    Die louwarm kerk van die Laodisense het gesê:  "Ek is ryk; ek het skatryk  geword en het aan niks behoefte       nie." (Op 3:17  NLV).

Vra  jouself dus af: "Is ek oorgerus of het ek  oorgegee?"

Sielskos: Hand 10-11;  Matt 9:1-13;  Ps  118:19-29; Spr 15:33

Gedagtes oor die Tabernakel

1/9/2014

 
Picture
Toe die Ou-Testamentiese tabernakel gebou moes word, het God vir Moses gesê: "Sorg dat jy alles maak presies volgens die planne wat Ek vir jou... gewys het." (Eksodus 25:40 NLV). Of jy nou bou aan 'n verhouding, 'n loopbaan, 'n besigheid of 'n bediening, dit sal altyd sekere elemente vereis. Die eerste is opoffering - die bou van die tabernakel begin met hierdie woorde: "Sê vir die Israeliete hulle moet elkeen vir My 'n offergawe bring. Julle moet die offergawes aanvaar soos dit vir My aangebied word..." (Eksodus 25:2 NV). Hoekom sal 'n God wat Sy strate met goud kan plavei 'n offer van jou vra? Omdat jy net aan iets jou volle aandag sal gee, op sal pas, dit prioritiseer en beskerm as jy 'n persoonlike belegging daarin het. Pastoor vra die Here vir die plan en dan vra jy die mense vir die geld; nie andersom nie. Leer jou mense om volgens hierdie beginsel te leef: "Gee tot dit seermaak, gee tot dit ophou seermaak, gee tot dit goed voel." Paulus het die volgende geskryf oor die vrygewigheid van die Christene in Masedonië: "Al is hulle ook hewig getoets deur swaarkry, het hulle uitermate blymoedig gebly, en hulle groot armoede het uitgeloop op oorvloedige vrygewigheid. Ek getuig dat hulle... selfs bo hulle vermoë gewillig was. Met groot aandrang het hulle ons gesmeek om te mag deelneem... Dit was nie soos ons dit verwag het nie; eers het hulle hulleself aan die Here gegee, en toe aan ons sodat hulle kon optree volgens die wil van God." (2 Korintiërs 8:2-5 NLV). Is jy gewillig om op te offer?

Sielskos: Dan 3-4; Matt 8:18-27; Ps 84; Spr. 2:16-19

Leer om in geloof te lewe (1)

1/6/2014

 
Picture
Dis tyd om by te kom as God drie keer vir jou dieselfde ding sê: "Die regverdiges... sal deur hulle geloof lewe." (Habakuk 2:4 (NLV); Romeine 1:17 en Galasiërs 3:11). God het geloof duidelik die enigste manier gemaak waarop 'n mens kan lewe. "As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik daar is en dat Hy die wat na Hom soek, beloon." (Hebreërs 11:6 NLV). Kom ons dink na oor vrae in hierdie verband: 1) Wie is 'die vrygespreektes'? Paulus skryf: "... weet dat niemand deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie. Net deur die geloof in Jesus Christus kan dit gebeur! Selfs ons het tot geloof in Christus Jesus gekom sodat ons deur geloof... vrygespreek kan word." (Galasiërs 2:16 NLV). Vryspreking kan nie verdien word nie - dis 'n geskenk wat jy deur geloof ontvang. As jy jou vertroue in Christus geplaas het, word jy ten volle aanvaar in God se oë. 2) Wat beteken dit om 'te lewe'? Paulus sê: "... ons lewe deur geloof, nie deur sien nie..." Om te lewe beteken nie dat jy doelloos rondsit en wag op die wegraping nie. Om te lewe vra dat jy gemotiveerd is en dat jy in 'n bepaalde rigting beweeg om 'n doelwit te behaal. Jy is toegewyd daaraan om jou energie en hulpbronne te gebruik om jou Godgegewe bestemming en doel te bereik. Om in geloof te lewe, beteken dat jy voortdurend vorentoe beweeg met die doel om God se plan vir jou lewe te volbring.

Sielskos: Num. 4:34-6:27; Matt 10:32-42; Ps 104:24-35; Spr. 3:11-12

Leer om in geloof te lewe (2)

1/6/2014

 
Picture
Hier is nog 'n vraag om oor na te dink: Wat beteken dit om 'te lewe deur te sien'? (2 Korintiërs 5:7 NV). Dit beteken dat jou lewe gebaseer is op die manier waarop dinge vir die natuurlike oog lyk; jy maak besluite maak en tree op volgens jou gevoelens en gedagtes. Moenie dat hulle jou verlam nie. Gebruik jou Geesbeheerde temperament om hulle onder beheer te kry. Ons is dikwels vasgevang tussen geloof en twyfel; tussen dit wat ons veranderde gees sê en wat ons vleeslike verstand sê. Op 'n dag het 'n radelose man sy seun na Jesus gebring sodat Hy hom kon genees. Jesus het vir hom gesê: "As 'n mens glo, is alles moontlik!"(Markus 9:23 NLV). Op daardie stadium het die seun se pa gesê: "Ek glo!... Help my tog om nie meer te twyfel nie!" Met tye twyfel en glo ons gelyktydig. Hierdie man was eerlik oor sy twyfel, en Jesus het steeds vir hom die wonderwerk laat gebeur. As hy nie werklik geloof gehad het nie, sou die Here dit weet. Maar Jesus het sy geloofsverklaring aanvaar ten spyte van sy twyfel. Hierin lê drie lesse vir ons: 1) Moenie bang wees om jou twyfel te erken nie. 2) Moenie dat jou twyfel jou geloof oorheers nie. God se Woord hieroor is God se wil vir jou; staan vas daarop. 3) Gee jou twyfel aan die Here en sê: "Ek glo; help my om nie te twyfel nie!" Hoe lank neem dit om te leer om in geloof te lewe? 'n Leeftyd!

Sielskos: Num. 7; Matt 11:1-9; Ps 107:1-9; Spr. 3:13-18

Leer om in geloof te lewe (3) 

1/6/2014

 
Picture
Wat beteken dit om "deur geloof te lewe"? (2 Korintiërs 5:7 NV). Dis radikaal anders as om te lewe deur sig, rede, emosie of intellek. Dit vra van jou om bo hierdie dinge te lewe. Dit stel jou in staat om die terrein van bonatuurlike moontlikhede binne te gaan omdat Jesus gesê het: "As 'n mens glo, is alles moontlik!" (Markus 9:23 NLV). Hier is 'n paar Skrifbeginsels oor geloof om jou te help: 1) Dit is nie gebaseer op menslike pogings nie. Selfvertroue, intellektuele vermoë, optimisme, geluk en jou sosiale netwerk help 'n mens niks. Dit help ook nie om godsdienstige formules te probeer leer nie. 2) Dit is gebaseer op God se onbeperkte krag en onveranderende Woord. Die Woord van God, wat jy ontvang en wat binne jou lewe, skep voortdurend geloof in jou. Daar is geen werk nodig nie; jy besluit eenvoudig om te glo wat God sê en daarop te reageer. 3) Om in geloof te lewe, vra aksie. "...wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade." (Jakobus 2:18 NV). Jou geloof is nutteloos totdat jou dade dit begin wys. Die oomblik as jy iets doen, word jou geloof lewend en nooi dit God uit om namens jou op te tree. Hy wag vandag vir jou om iets te doen sodat Hy daarop kan reageer. Selfs al voel jy nie lus nie, vra jouself af: "Wat sal my eerste stap in geloof wees as ek regtig wou aksie neem?" Doen dit! Jy sal in geloof lewe en die beloning ontvang! (Hebreërs 11:6).Sielskos: Num. 8-10; Matt 11:10-19; Ps 107:10-16; Spr. 3:19-20

    Picture
    Facebook Page

    Ana & Andre Schoonbee

     God uses us to motivate and encourage the body.

    Click on Previous at bottom of page for more posts

    Picture
    Email us at :
    Ana.Schoonbee@gmail.com
    or
    Aschoonb@randwater.co.za

    RSS Feed

    Authors

    All
    Abigrael Halohymn
    Ac Dixon
    Adrian Dieleman
    Adrian Gore
    Adrian Rogers
    Afrikaans
    Alan Smith
    Albert-einstein
    Amy
    Andrew And Vanessa Roebert
    Andrew-and-vanessa-roebert
    Andrew Murray
    Andrew Wommack
    Andrew W Roebert
    Aw Tozer
    Babra Nel
    Bennie Mostert
    Beth Moore
    Bill-hardaway
    Bill Winston
    Bob And Bonnie Jones
    Bob En Debby Gass
    Bob-en-debby-gass
    Bob Turnbill
    Bob Yvonne Turnbull6580747baa
    Bronnie Ware
    Business
    Carina Francke
    Cartoon
    Charles Halff
    Charles Stanley
    Charles Swindoll
    Christalone
    Christ Notes
    Christ Warriors
    Chuck Swindoll
    Cindy Hess
    Cindy Ludwig
    Colin Lamont
    Crawford W Loritts
    Dan Elliot
    Dangelo-joyce
    Daniel Wiafe
    David Cummings
    David Jeremiah
    David Langerfeld
    David Mc Casland
    David Pollay
    David Wilkerson
    Dean Register
    Dennis And Barbara Rainey
    Dennis-de-hann
    Dennis Fisher
    Dick Innes
    Dirk Taljaard
    Dr A Murray
    Dr-james
    Dr John Tibane
    Dr Wr Bright
    Dwight Clough
    Dwight-l-moody
    Elaine Cook
    Em Bounds
    Eric Stander
    Erik Rees
    Erik-rees
    Erma Bombeck
    Fb Meyer
    First Fruit Of Zion
    Frederick-buechner
    Gary-chester
    Gene Edwards
    Gerald Maire
    Gerald-maire
    Gerald Whetstone
    Gerjo Ben
    Glen-miller
    Gloria-copeland
    Gods Barnyard
    Gods-barnyard
    Handre De Jongh
    Helen Steiner Rice
    Hennie Potgieter
    Hennie Symington
    Hennie-symington
    Horace Wimpey
    Ivor Van Rensburg
    James-goll
    James Hewett
    James Mcdonald
    James Ryle
    Jane Eggleston
    Jennifer Benson
    Jewel-diamond-taylor
    Jim Clark
    Joan Cox
    Joel Osteen
    Joel-osteen
    Joel Victoria Osteen
    Joel-victoria-osteen
    Joel Victoria Osteendc39db591a
    Joe Mazzella
    Joe Mc Keever
    Joe Stowell
    Johan Campbell
    Johan Vd Merwe
    John-blumberg
    John Donne
    John Hendryx
    Johnie Akers
    John Maxwell
    John-maxwell
    Johnny-the-bagger
    John Oaks
    John Walker
    John Wesley
    Joke
    Jon Walker
    Joseph-j-mazzella
    Joseph Prince
    Joseph-prince
    Josh Mc Dowell
    Joyce Meyer
    Julian Marion
    Julie Ackerman
    Karen-kullgren
    Kath Brinkman
    Ken-klaus
    Ken-pilcher
    Ken Sapp
    Ken-trevithick
    Khutso
    Kookie Langwenya
    Larry-hiller
    Lee Venden
    Leith-anderson
    Life Questions
    Lindiwe Mamabolo
    Lynell Waterman
    Marcia Lee Laycock
    Marcus-dods
    Mariage
    Marion Smith
    Marji Kruger
    Marji-kruger
    Marriage
    Max Lucado
    Max-lucado
    Maya Angelou
    Melanie Schurr
    Melodie-davis
    Melvin Newland
    Michael Josephson
    Mike Pholman
    Moodley
    Motivation
    Myles Monroe
    Neville Turley
    Nick-stander
    Nikiia Smith
    Os Hillman
    Os-hillman
    Oswald-chambers
    Pamela Perry Blaine
    Patrick Medlock
    Picture
    Pieter Goosen
    Prayer
    Quintus-heine
    Quotes
    Randy Kilgore
    Re Davies
    Reinhard Bonnke
    Rex-barker
    Rhonda Rhea
    Rick Hamblin
    Rick Warren
    Robert-ketchum
    Robert Mcduffie
    Robert-morgan
    Robert Peterson
    Robert Valett
    Rocky Henriques
    Rodger-palms
    Roger Kiser Sr
    Ronald Mcfadden
    Ron Graham
    Ron Hutchcraft
    Ron Newhouse
    Rose Ballard
    Roy Lessin
    Roy-lessin
    Rubel-shelley
    Russ Lawson
    Schoonbee
    Scott Harrup
    Scripture
    Sheree Motola
    Skip Moen
    Slideshow
    Sms
    Solly Ozrovech
    Stan Buckley
    Stephan Joubert
    Stephan-joubert
    Stephan-joubert
    Stephen Covey
    Steve Ackermann
    Steve And Cindy Wright
    Steve Blair
    Steve Brunkhorst
    Steve Troxel
    Sumner Wemp
    Susan Coetzer
    Swami-vivekananda
    Td Jakes
    Terence-b-lester
    Testimony
    Tim
    Tim-archer
    Tina-blessitt
    Tom Norvelle
    Tom Rietveld
    Trevor Ketler
    Tyler Perry
    Unknown
    Vic Patalano
    Victor Parchin
    Video
    Walter Wintle
    Wanda Bencke
    Wayne Dyer
    William Ward
    Woodrow Kroll
    Xanthe Galanis
    Zapiro
    Zig Ziglar
    Zipporah-rwengo

    Archives

    June 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    September 2011
    August 2011
    July 2011
    June 2011
    May 2011

Powered by Create your own unique website with customizable templates.