Heb10:35 “moet dus nie toelaat dat daar n krakie in jul vertroue op God kom nie. Wie op God bly vertrou sal n groot belonging by Hom kry. Julle moet tot elke prys vasbyt .” Wees dus sterk! Rom5:5 “ waneer ons al ons hoop op God stel , sal ons nooit teleurgestel wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met Sy liefde.” Wat n wonderlike belofte.
Jy sou dink Paulus was te geestelik volwasse om neerslagtig te wees. Klaarblyklik nie! Die hoofapostel en leier van die kerk het ontmoediging, stres, rusteloosheid en selfs vrees ervaar. "Toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite - aanvalle; van binne - vrese." (2 Kor. 7:5 NLV). Vervolgens word 'n paar maniere genoem waarop God vir ons troos en bemoediging stuur:
1) Hy bemoedig ons deur Sy teenwoordigheid. "Mag... God ons Vader - Hý wat ons liefgehad het en wat ons deur Sy genade 'n ewige troos en 'n goeie vooruitsig gegee het - mag Hy self julle harte vertroos en julle sterk maak in elke goeie daad en woord." (2 Tess 2:16-17 NLV). Dit is God se aard om met ons te wees, ons te troos wanneer ons treur (Matt 5:4), wanneer ons gebroke is (Ps 147:3), wanneer ons bedruk is (Ps 145:14), wanneer ons bekommerd is (Jes. 41:10) of wanneer ons siek is (Ps 41:3). 2) Hy troos ons deur Sy Woord. "Onthou die beloftes aan U dienaar, want U het my laat hoop. U belofte laat my weer lewe, dit vertroos my in al my ellende." (Ps 119:49-50 NLV). 3) Hy troos ons deur ons gebede. "Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee." (Ps 138:3 NV). 4) Hy troos ons deur gelowige vriende. Paulus skryf: "...God... het ons... opgebeur deur die koms van Titus..." (2 Kor. 7:6 NV). Kyk uit vir diegene wat troos bring en oefen om ander te troos. Sielskos: 1 Tim 4-6; Luk 9:37-45; Ps 42:1-5; Spr. 19:12-14 Moet nooit God as vanselfsprekend aanvaar nie. Moenie te vertroud raak met geestelike dinge nie. Simson het en duur daarvoor betaal. Nadat Delila die geheim van sy krag ontdek het, het sy 'vir Simson op haar skoot aan die slaap gemaak en 'n man geroep, en hy het Simson se sewe haarlokke afgeskeer. So het sy hom laat swak word, sy krag het verdwyn. Toe sy sê: "Die Filistyne is hier, Simson!" het hy wakker geskrik en gedink: ek sal weer uitstap soos die vorige kere en my losruk. Maar hy het nie besef dat die Here hom verlaat het nie Die Filistyne het hom gegryp...' (Rigters 16:19-21 NV). Dis 'n tragiese verhaal. Simson is gebore om Israel na oorwinning te lei. In plaas daarvan het hy toegegee aan kleinlike begeertes, met die vyand geheul en gedink hy kon daarmee wegkom. Luister wat hy sê: 'Ek sal weer uitstap soos die vorige kere...' Maar dit was een keer te veel. Sy ongehoorsaamheid het hom nie voorheen van sy krag ontneem nie, maar wel die keer. Hy het 'n grens oorgesteek en sy sig verloor, sy krag, sy vryheid, sy geloofwaardigheid, en sy diensbaarheid. Uiteindelik is hy as gevangene van die Filistyne dood. Jy mag dink: 'Deesdae se toewyding is effe kras.' Nee, dit is beskermend! Die Bybel sê: '[Wie] die Here respekteer en dien, begin...wysheid kry...' (Spreuke 9:10 BVA). As jy aanhou om ongehoorsaam te wees oor wat God jou aangesê het om te doen en dink jy kan die gevolge ontkom, stuur jy op moeilikheid af. Bekeer jou, maak reg met God en kom terug op die pad terwyl jy nog kan.
Sielskos: Eseg 10-13; Lukas 1:67-80; Ps 139:13-24; Spr 13:25 “Ek gaan nog eendag groot dinge vir die Here doen.” “Eendag as ek meer tyd op hande het, gaan ek weer by die kerk betrokke wees.” “Eendag as die misdaad afneem...” “Eendag as herlewing uitbreek...” Sulke taal is aan die orde van die dag in ons woordeskat. Toe onthou ek ‘n liedjie van John Foggerty van die Creedence Clearwater Revival faam wat sing: “Someday never comes.” Toe besef ek daar is nie ‘n dag met die naam “eendag” op ons kalenders is nie. Daar’s wel ‘n Maandag, Dinsdag, Woensdag... maar nêrens ‘n eendag nie. So ‘n dag bestaan eenvoudig nie. Ons het dit self opgemaak.
Op God se kalender is daar wel een ander dag, naas ‘n Donderdag, Vrydag, Saterdag of Sondag. Ek praat van VANDAG. 2 Korintiërs 6:2 skryf dat vandag God se gunsteling dag is. Dit is sy dag van redding. Vandag is die dag van groot dinge, nie môre of oormôre nie. Ook nie volgende week of aanstaande jaar nie. Te veel mense sit al hulle hoop op eendag. Tog het God net vandag vir ons gegee om tot Sy eer te leef. Hy het vandag op die hemelse kalender aangeteken en by ons elkeen afgelewer wat hierdie woorde lees. Ons het vandag as ‘n geskenk uit die Here se hand ontvang. Ons moet elke stukkie tyd wat in vandag weggepak is van hoek tot wal uitkoop, soos wat Paulus vir die Efesiërs skryf. Vandag is kosbaar. Dit is die enigste stukkie tyd wat ons tans tot ons beskikking het. Gister is reeds ‘n nagreis agter ons en môre lê nog ver in die toekoms. Maar vandag kan ons met vars woorde en opregte dade die Here eer en ander mense dien, soos wat Kolossense 3 van ons vra. Hoekom dan wag tot eendag? Daar‘s in elk geval nie so ‘n dag op enige kalender nie. Kies vir God se vandag en leef! Here, Bid asseblief vir my
Here daar is geen aardse woorde wat ek het om te sê Ek is nou op die punt waar ek nie weet hoe om te bid Ek verstaan dit nie Here, my hart is regtig verskeur Hoe meer ek daarna streef om U te vertrou, hoe meer skaaf my geloof Ek weet U het geen gunstelinge, U woord is duidelik Wat U gedoen het vir ander, kan U doen vir my Ek weet U is tot alles in staat en ek weet dat U in beheer is Tog het ek nodig om te weet dat U daar is as ek my siel ontbloot . Here ek kom nederig voor U en kniel by U troon Vra ek U Here om my vas te hou, ek voel so alleen Ek is dankbaar vir die gebede van vriende en familie Maar daar is een ding wat ek van U vra Here Sal U asseblief vir my bid? Sy antwoord was: "My kosbare kind, Ek sê vir julle Maak nie saak hoe dinge nou lyk, Ek gaan na jou omsien. Werp jou sorge op my, jou pyn, Ek verstaan Onthou: Ek sal jou vashou in my hande met die spyker merke. Voordat Jesus hierdie wêreld verlaat het, het Hy sy dissipels eenkant geneem om hulle voor te berei vir die probleme wat hulle sou hê sodra Hy weg is: 'Ek is die wingerdstok, julle die lote...sonder My kan julle niks doen nie...Ek het julle uitgekies...om... vrugte te dra, vrugte wat sal hou' (vv. 5 & 16 NV). Jesus leer ons hier twee belangrike dinge: 1) Jy vind slegs uit wie jy is in 'n verhouding met Christus. 'Sonder My kan julle niks doen nie.' As jy dit vergeet, probeer jy uiteindelik dinge te doen wat slegs God kan doen, soos om jou probleme op joU manier op te los of jouself deur slim planne voorop te stel. Jy word nie in enige van jou ondernemings geseën deur jou eie prestasie nie, maar jy word geseën as gevolg van jou verbintenis met Christus. Tensy jy dit verstaan, mors jy jou tyd om agter mense aan te handloop wat niks meer mag het as jy nie. Jou krag en sukses lê in Christus, die Wingerstok. Hou dus daaraan vas! 2) Voordat jy vrugte kry wat hou, verloor jy die vrugte wat tydelik is. 'Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af' (v. 2 NV). Jy kan dalk 'n goeie loot wees wat aan die wingerdstok vas is, en goeie vrugte dra, maar skielik begin God sekere dinge in jou lewe afsny. Dinge wat volgens jou altyd daar sou wees, word weggeneem; en nou voel dit asof jy agteruit boer. Dit verg geloof om te weet dat God sal toelaat dat jy verloor waarop jy trots is en waarop jy jou sekerheid gebou het, om jou iets beters te gee - vrugte wat hou, langdurige sukses. Daarom, hoe moeilik dit ookal mag wees, laat dit gaan. God het vir jou iets beter in gedagte.
Sielskos: Amos 5:18-9:15; Lukas 1:26-38; Ps 73:17-28; Spr 13:20 Mole mole mole! Haal jou vingels uit jou ole en se tog mole. Mag die voeltjies spesiaal vir jou n liedjie sing en almal wat jou weg betree net geluk en liefde in jou lewe bring. He n awesome dag.
'n Man wat probeer gewig verloor, klim op die badkamerskaal. Sy vrou vra: 'Hoe vaar jy?' Hy antwoord: 'Goed, net een probleem; volgens hierdie skaal behoort ek 20 sentimeter langer te wees.' As dit kom by ware dissipelskap, laat Jakobus ons op die skaal klim: 1) Waar dit gaan om hongeres te voed: 'Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: "Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg," maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood' (vv. 15-17 NV). 2) Waar dit gaan om mense lief te hê en met respek te behandel: 'Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook 'n brandarm man in met ou klere aan en sê nou julle maak 'n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: "Kom sit u hier gemaklik," maar vir die arm man sê julle: "Gaan staan jy daar anderkant" of: "Kom sit hier by my voete," - het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?' (vv. 2-4 NV). 3) Waar dit gaan om vir die behoeftiges te sorg: 'Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan...' (Jakobus 1:27 NV). Ontvries jou leerstelling! Haal jou teologie van die tekenbord af en gebruik dit op 'n praktiese wyse. Komaan - weeg jouself op hierdie skaal. Sielskos: Amos 1:1-5:17; Lukas 1:11-25; Ps 73:1-16; Spr 13:17-19 ‘n Belangrike punt in Jesus se gelykenis van Lasarus en die ryk man in Lukas 16, wat dikwels misgekyk word, is wanneer die ryk man vir Abraham daar vanuit die doderyk vra om ‘n boodskapper na sy broers op aarde te stuur. Hulle moet gewaarsku word oor wat vir hulle voorlê. Hierop antwoord Abraham dat hulle die Wet en die Profete ter hand het. As hulle nie hierna luister nie, sal geen openbaring of spesiale ingrype hulle anders oortuig nie.
Die Woord is altyd genoeg... behalwe vir diegene wat na tekens soek. Of wat net in slegte gebeure die hand van die Here sien. Ek onthou hoedat ‘n geestelike jare gelede ‘n skool in ons omgewing “getroos” het na ‘n kind se tragiese dood met die woorde dat God dit toegelaat het om ons gemeenskap tot bekering te bring. Ook onthou ek hoedat ‘n familielid aldag gesê het die Here praat weer hard met ons as iets sleg gebeur. Kom ons hoor weer dat God se stem hoorbaar genoeg is in die Woord. En daar by die kruis van sy Kind. As ons die Skrif nie glo nie, sal niks op aarde ons oortuig nie. Die kruis is God se megafoon, nie ons omstandighede of spesiale tekens nie. Elke ouer moet hom of haarself afvra:
Wil ek graag hê en of verwag ek, dat my kind my gehoorsaam moet wees aan die geskrewe en mondelinge reels van ons huishouding ? OF Sê ek vir my kind, al die reels vir 'n wonderlike gelukkige lewe is daar, maar jy hoef dit nie na te kom nie, want dis te moeilik, of jy sal dit in elk geval breek. Kies maar waarvan jy hou om na te kom, los die res. Elke kind kan in sy groep besluit waarvan hul hou en dit doen. 'n Ander groep of kind kies weer hul eie reels,en volg dit. Verder moet jy maar staatmaak op my genade of ek jou sal straf, onterf, vergewe of maar net sal oorslaan elke keer as jy dit breek. Ek as ouer sal elke week my reels vir jou lees, maar soos gesê jy is eintlik vry daarvan, maak net staat op my genade. Kom luister net gereeld daarna waar ek dit voorlees, of lees dit gereeld self in die boek wat ek vir jou gegee het, maar steur jou nie daaraan nie ... Klink so 'n huishouding normaal en sulke ouers reg in hul opvoeding ? Hul wat die kinders gemaak het en outoriteit het oor hulle ? Sal jy as ouer gelukkig wees met so `n opstandige kind ? Nou is daar nog 'n groep kinders wat uit dankbaarheid en oneindige liefde, alles wat die vader vir hul opgeskryf het, graag wil nakom. Hul doen hul bes om tenspyte van hul swakheid en gereelde oortredings, wetend of onwetend, sy reels na te kom en hom in vreugde wil gehoorsaam. Dink maar aan jou eie kinderdae hoe jy uit respek jou ouers gehoorsaam het en soms maar geluister het, al het jy nie verstaan nie. Dis vir hul 'n vreugde, en plesier, om hul vader se riglyne te bestudeer, te leer en te wil gehoorsaam. Word die gehoorsame groep kinders skielik oornag sonder foute, sonder sonde, volmaak ? Kyk bietjie na jou eie kinders. Toe hul gehoorsaam was aan jou, het hul skielik "engeltjies" geword ? Of het jy hul so lief omdat hul jou ag en respekteer en in hul gebroke vermoeë in alles so getrou en gehoorsaam is ? OF Omdat hul as mens struikel, moet hul liewers ophou na jou luister ? Ophou gehoorsaam wees aan jou voorskrifte ? Liewers hul eie reels opstel. Wat glad nie in die handleiding staan of deels, wat hul dink makliker sal wees om na te kom ? Al lei dit hul in die afgrond in ? Kan 'n kind vir `n ouer voorskryf ? Het hy die lewenservaring ? Waarvoor het hy 'n ouer dan nodig ? Hoekom is die eerste groep kinders altyd so krities op die gehoorsame groep ? Hoekom altyd hul probeer oortuig hul dwaal ? Hoekom dink hul, dat die gehoorsame groep kinders, wat hul ouers onvoorwaardelik glo en vertrou, nou volmaak moet wees ? Hul moet liewers ongehoorsaam wees en eie, min, buigbare en maklike reels opstel. Die gehoorsame groep durf ook nie die ander groep reghelp nie, dan is dit oordeel en groot gevegtery ontstaan. Laastens, die hele lewe bestaan uit instruksies, reels en wette, die skepping is gebou op instruksies, reels en wette ... the wet van gravitasie, energie, ens. Kyk maar as ‘n leeu welpie nie naby sy ma bly nie en afdwaal, is dit noodlottig. Die reels of wette van natuur bepaal dat daai welpie deur ander diere verskeur sal word. Net so het ons ook instruksies, reels en wette om volgens te lewe, as ons dit nie onderhou nie sal ons verskeur word deur die vyand. Mense moet die konteks van ons Vader se genade verstaan, dit word totaal buite konteks geruk. Ons kan nie maak soos ons wil nie en verwag dat Vader ons net oor en oor sal vergewe nie. Ons moet ook ons oneindige dankbaarheid vir YAHuashua se dood betoon deur gehoorsaam te “probeer” wees. Dis nie altyd moontlik nie, maar ons moet regtig probeer. Ons kan nie maak soos ons wil en verwag Vader moet genadig wees nie, ons moet ten minste probeer. Laastens, ek gaan nie skrif gebruik om hierdie basiese lewensfilosofie te beklemtoon nie, en ek gaan ook nie in ‘n skrifgeveg betrokke raak nie. My gebed is dat die sluier van elkeen se oë en hart gelig sal word. Mag Vader se Ruach tot elkeen spreek wat hier lees. |
Ana & Andre Schoonbee God uses us to motivate and encourage the body. Authors
All
Archives
June 2015
|