Christian Motivations
  • Christian Motivations Blog
  • Zoe Support Jobs
  • Events & Prayer
  • Contact us

Die Arend

10/22/2014

2 Comments

 
Picture
DIE AREND (Deel 1).

Deuteronomium 32:11-12 sê vir ons: "Soos 'n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei, soos 'n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra, so het die Here, net Hy alleen, Sy volk gelei; daar was nie 'n ander god by Hom nie."

Die arend is 'n voël wat sy nes bou hoog in die rotse en kranse van berge en weg van mense af. Hierdie voël sal nie bly waar daar baie mense is nie. Die arend se nes word nie gebou in bome soos baie ander voëls nie en die nes het ook nie dieselfde vorm nie. Die arend se nes bestaan uit 'n laag takke of stokke wat plat op die rotse lê en bedek met hooi of strooi, vere en pels van voëls en diere wat gevang is. Die HAT beskryf die arend soos volg: Roofvoel van die familie Falconidae, met kort, breë stert, sterk krom snawel en lang vlerke.

 Kenmerkende eienskappe van die arend kan gelees word in die Bybel en slegs 'n klein aantal hiervan sal nou gelys word:
 - Hierdie voëls vlieg baie vinnig soos gesien kan word in Deuteronomium 28:49 en Job 9:26.
- Die arend kan tot sewentig jaar oud word en verveer elke lente om dan soos 'n jong voël te lyk – Psalm 103:5.
- Die oog van die arend is baie skerp. Die oog het 'n binneste ooglid wat baie dun is en oor die oog getrek kan word soos 'n gordyn indien daar te veel skerp lig is. Met hierdie metode van die oog beskerm kan die arend in die son kyk. Hierdie voël kan baie verder as die mens sien. Wanneer die arend hoog in die lug vlieg dat dit lyk soos 'n spikkel, word klein diertjies op die grond opgemerk en vlieg die arend met 'n duikslag af om hierdie klein diertjies te vang met sy kragtige kloue – Job 39:29-32.
Deuteronomium 3211-12 beskryf pragtig God se sorg oor Sy kinders van Israel wat Hy uit die wildernis gelei het en dit is vandag nog net so van toepassing soos in Moses se tyd en beskryf dit ook God se goedheid en guns vir Sy kinders.

Dit is 'n seën en maak 'n mens gelukkig om te weet dat die Arend oor Sy kleintjies wag hou en hulle versorg en hulle nuwe krag gee dag vir dag – Jesaja 40:31.

GEBED: Dankie, Here, dat U die Kragbron is wat my lewe elke dag herlaai want, daarsonder sal ek nie klaarkom nie. Amen.

DIE AREND (Deel 2).

Hiermee sal gepoog word om aan te dui wat die Bybel ons alles leer rondom die arend. Die lys is geensins volledig nie en kan derhalwe aangevul word.

- Die arend is 'n voël wat prooi vang – Job 9:26 en Matteus 24:28.
- Miga 1:16 noem dat die arend as aasvoël 'n kaalkop het.
- Dit word beskou as onrein, verbode of 'n gruwel – Levitikus 11:13 en Deuterenomium 14:12.
- Daar is verskillende soorte arende – Levitikus 11:13 en 11:18.
- Word ook genoem die arende van die hemele – Klaagliedere 4:19.
- Word beskryf as 'n voël met baie skerp sig – Job 39:32.
- Word beskryf as baie vinnig – 2 Samuel 1:23.
- Dit vlieg hoog die lug in – Spreuke 23:5.
- Daniël 4:33 verwys na die sterkte van die arend se vere.
- Esegiël 17:3 en 17:7 verwys na die groot vlerke van die arend.
- Spreuke 30:19 noem dat dit onbegryplik is hoe 'n arend in die lug bly.
- Esegiël 17:3-4 vertel hoe die arend hom verlustig aan die seders.
- Job 39:30-31 vertel dat die arend hoog in die kranse sy nes het.
- Die arend voer die kuikens met bloed – Job 39:33.
- Wysheid en diens van God se predikers – Esegiël 1:10 en Openbaring 4:7.
- Beskryf groot en sterk konings – Esegiël 17: en Hosea 8:1.
- Skenk jeugdige krag – Psalm 103:5.
- God gee nuwe krag en mense word nie moeg nie – Jesaja 40:31.
- Om ons te leer van God se sorg oor Sy kerk – Eksodus 19:4 en Deuterenomium 32:11.
- Vlerke van beskerming oor die kerk – Openbaring 12:14.
- Spreuke 23:5 meld dat rykdom kortstondig is.
- Vyandige nasies en weermagte wat vinnig beweeg – Deuterenomium 28:49, Jeremia 4:13, Jeremia 48:40 en Klaagliedere 4:19.
- Die valse sekuriteit van die goddelose mense – Jeremia 49:16 en Obadja 1:4.
- Job 9:26 beskryf hoe die mens se dae vinnig verby skiet.
- Beskryf die standaard van die Romeinse weermag in Jesus se dae – Matteus 24:15 en 24:28.

GEBED: Dankie, Here, dat U U ontferm oor U kerk wat Jesus hier op aarde kom stig het. Dankie vir U liefde wat ek sonder verdienste ontvang. Amen.

DIE AREND (Deel 3).

(Colin Lamont)

 Job 39:31 vertel ons: "Hy woon op die rotse, hy bly daar, op die spits en die kranse.

Alhoewel baie van ons al foto's gesien het van 'n groot nes van die arend hoog op rotse of in kranse en af en toe ook hoog in die takke van groot bome, het slegs enkeles van ons die binnekant van die nes al besigtig.

 Wanneer die moeder arend haar nes bou begin sy deur gebruik te maak van dorings, stukke takke, skerp klippe en 'n aantal ander items wat glad nie geskik lyk vir die projek nie. Die moeder-arend lê dan die nes uit met wol, vere en pels van diere wat sy gevang het en dit maak die nes sag en gemaklik vir die eiers wat gelê word.

Teen die tyd dat die groeiende kuikens vliegstadium bereik, wil hulle nie die nes verlaat nie omrede hulle gemaklik is met die omgewing en ook die vry maaltye wat die moeder-arend besorg. Dit gebeur dan dat die moeder-arend die nes met haar sterk kloue en snawel begin opbreek. Die pels en vere word opgelig om die skerp klippe en takke te ontbloot. Dit veroorsaak dat die jong arende baie ongemak in die nes moet verduur. Uiteindelik sal die jong arende nie meer die ongerief verduur nie en ook ander invloede veroorsaak dat hulle die nes verlaat om aan te beweeg na meer volwasse stadia. (Today in the Word, June 11, 1989)

 

Ons Here God maak ons geskik deur die Heilige Gees omdat ons bereid is om vir Hom te werk. Wanneer ons gereed is word ons uit ons nes gedring om Sy Woord aan ander te verkondig net soos die moeder-arend haar jongelinge dring om die nes te verlaat. Die tydperk van opleiding wat die Heilige Gees bied verskil van mens tot mens. Een persoon gaan baie gouer volwasse raak in die Heilige Gees as die volgende persoon. Ons besef ook dat die opleiding en bekwaamheid wat die Heilige Gees bied eers eindig wanneer Jesus ons kom haal om by Hom in die hemel te wees. Ons hemelse Vader wil nie godsdiens hê nie. Hy verlang 'n persoonlike en intieme verhouding met elk van Sy kinders. Johannes 3:30 sê dat Hy meer moet word en ons minder. Dit is lekker om die Here te dien. Soos in elke werk is dit nie altyd maanskyn en rose nie, maar ons weet waarnatoe ons werk met God aan ons kant.

 

GEBED: Dankie, Here, dat U as die Groot Arend ons as die klein arende onder U vlerk beskerm en geskik maak om U werk op aarde te verrig. Sonder U kan ons dit nie doen nie. Amen.

 

2 Comments
    Picture
    Facebook Page

    Ana & Andre Schoonbee

     God uses us to motivate and encourage the body.

    Click on Previous at bottom of page for more posts

    Picture
    Email us at :
    Ana.Schoonbee@gmail.com
    or
    Aschoonb@randwater.co.za

    RSS Feed

    Authors

    All
    Abigrael Halohymn
    Ac Dixon
    Adrian Dieleman
    Adrian Gore
    Adrian Rogers
    Afrikaans
    Alan Smith
    Albert-einstein
    Amy
    Andrew And Vanessa Roebert
    Andrew-and-vanessa-roebert
    Andrew Murray
    Andrew Wommack
    Andrew W Roebert
    Aw Tozer
    Babra Nel
    Bennie Mostert
    Beth Moore
    Bill-hardaway
    Bill Winston
    Bob And Bonnie Jones
    Bob En Debby Gass
    Bob-en-debby-gass
    Bob Turnbill
    Bob Yvonne Turnbull6580747baa
    Bronnie Ware
    Business
    Carina Francke
    Cartoon
    Charles Halff
    Charles Stanley
    Charles Swindoll
    Christalone
    Christ Notes
    Christ Warriors
    Chuck Swindoll
    Cindy Hess
    Cindy Ludwig
    Colin Lamont
    Crawford W Loritts
    Dan Elliot
    Dangelo-joyce
    Daniel Wiafe
    David Cummings
    David Jeremiah
    David Langerfeld
    David Mc Casland
    David Pollay
    David Wilkerson
    Dean Register
    Dennis And Barbara Rainey
    Dennis-de-hann
    Dennis Fisher
    Dick Innes
    Dirk Taljaard
    Dr A Murray
    Dr-james
    Dr John Tibane
    Dr Wr Bright
    Dwight Clough
    Dwight-l-moody
    Elaine Cook
    Em Bounds
    Eric Stander
    Erik Rees
    Erik-rees
    Erma Bombeck
    Fb Meyer
    First Fruit Of Zion
    Frederick-buechner
    Gary-chester
    Gene Edwards
    Gerald Maire
    Gerald-maire
    Gerald Whetstone
    Gerjo Ben
    Glen-miller
    Gloria-copeland
    Gods Barnyard
    Gods-barnyard
    Handre De Jongh
    Helen Steiner Rice
    Hennie Potgieter
    Hennie Symington
    Hennie-symington
    Horace Wimpey
    Ivor Van Rensburg
    James-goll
    James Hewett
    James Mcdonald
    James Ryle
    Jane Eggleston
    Jennifer Benson
    Jewel-diamond-taylor
    Jim Clark
    Joan Cox
    Joel Osteen
    Joel-osteen
    Joel Victoria Osteen
    Joel-victoria-osteen
    Joel Victoria Osteendc39db591a
    Joe Mazzella
    Joe Mc Keever
    Joe Stowell
    Johan Campbell
    Johan Vd Merwe
    John-blumberg
    John Donne
    John Hendryx
    Johnie Akers
    John Maxwell
    John-maxwell
    Johnny-the-bagger
    John Oaks
    John Walker
    John Wesley
    Joke
    Jon Walker
    Joseph-j-mazzella
    Joseph Prince
    Joseph-prince
    Josh Mc Dowell
    Joyce Meyer
    Julian Marion
    Julie Ackerman
    Karen-kullgren
    Kath Brinkman
    Ken-klaus
    Ken-pilcher
    Ken Sapp
    Ken-trevithick
    Khutso
    Kookie Langwenya
    Larry-hiller
    Lee Venden
    Leith-anderson
    Life Questions
    Lindiwe Mamabolo
    Lynell Waterman
    Marcia Lee Laycock
    Marcus-dods
    Mariage
    Marion Smith
    Marji Kruger
    Marji-kruger
    Marriage
    Max Lucado
    Max-lucado
    Maya Angelou
    Melanie Schurr
    Melodie-davis
    Melvin Newland
    Michael Josephson
    Mike Pholman
    Moodley
    Motivation
    Myles Monroe
    Neville Turley
    Nick-stander
    Nikiia Smith
    Os Hillman
    Os-hillman
    Oswald-chambers
    Pamela Perry Blaine
    Patrick Medlock
    Picture
    Pieter Goosen
    Prayer
    Quintus-heine
    Quotes
    Randy Kilgore
    Re Davies
    Reinhard Bonnke
    Rex-barker
    Rhonda Rhea
    Rick Hamblin
    Rick Warren
    Robert-ketchum
    Robert Mcduffie
    Robert-morgan
    Robert Peterson
    Robert Valett
    Rocky Henriques
    Rodger-palms
    Roger Kiser Sr
    Ronald Mcfadden
    Ron Graham
    Ron Hutchcraft
    Ron Newhouse
    Rose Ballard
    Roy Lessin
    Roy-lessin
    Rubel-shelley
    Russ Lawson
    Schoonbee
    Scott Harrup
    Scripture
    Sheree Motola
    Skip Moen
    Slideshow
    Sms
    Solly Ozrovech
    Stan Buckley
    Stephan Joubert
    Stephan-joubert
    Stephan-joubert
    Stephen Covey
    Steve Ackermann
    Steve And Cindy Wright
    Steve Blair
    Steve Brunkhorst
    Steve Troxel
    Sumner Wemp
    Susan Coetzer
    Swami-vivekananda
    Td Jakes
    Terence-b-lester
    Testimony
    Tim
    Tim-archer
    Tina-blessitt
    Tom Norvelle
    Tom Rietveld
    Trevor Ketler
    Tyler Perry
    Unknown
    Vic Patalano
    Victor Parchin
    Video
    Walter Wintle
    Wanda Bencke
    Wayne Dyer
    William Ward
    Woodrow Kroll
    Xanthe Galanis
    Zapiro
    Zig Ziglar
    Zipporah-rwengo

    Archives

    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    September 2011
    August 2011
    July 2011
    June 2011
    May 2011


Powered by Create your own unique website with customizable templates.