Toe Nebukadneser die Jode gevange geneem het, het hy sy personeelhoof gevra om die slimstes en bestes uit te soek en na sy paleis te bring. Hy wou die volgende eienskappe hê: "...intelligent, goed ingelig en vinnig van begrip, geskik om in die koning se paleis diens te doen." Daniël het die geleentheid aangegryp. Ja, God het hom gehelp, maar hy moes ook daarvoor werk! Die hoof- uitvoerende beampte van een van die wêreld se grootste maatskappye het dit só gestel: "Die enigste manier waarop jy gaan uitstaan, is om hierdie eenvoudige beginsel te verstaan: As jou baas jou 'n vraag vra, 'n projek aan jou toeken of jou stuur om data in te samel, weet hy reeds wat is die antwoord wat hy wil hê. Hy wil hê jy moet bevestig wat hy reeds glo waar is. Die meeste mense doen net dit. Jy moet verstaan dat die vraag net die begin is. Om beter te wees, moet jy dieper dink en nie net die vraag antwoord nie, maar meer as dit doen. Dit beteken dat jy hom drie of vier idees moet gee wat hy waarskynlik nie oorweeg het nie. Jou doelwit moet wees om waarde tot die idee toe te voeg deur verwagtings te oortref. As jy verstaan dat die vraag net die begin is, sal jy vinnig uitstyg bo die groep, aangesien 99% van werknemers in die groep bly omdat hulle nie dink nie. As jy dit verstaan, sal jy meer kritiese vrae gegee word om te antwoord, en met verloop van tyd sal jy die een wees wat die vrae aan ander gaan vra."
Sielekos: Eks 16–18; Joh 2:1-11; Ps 23; Spr 26:10-12
0 Comments
Spreuke 22:29 NV
Die joernalis William Zinsser se eerste aanstelling was by The New York Herald Tribune. Tradisioneel begin leerlingverslaggewers om doodsberigte te skryf, maar Zinsser was gefrustreerd hiermee. "Ek kan ondersoekende verslaggewing doen wat Pulitzerpryse kan wen en hier sit en skryf ek doodsberigte," het hy gedink. Hy het sy redakteur gevra: "Wanneer gaan ek opdragte vir ordentlike stories begin kry?" Sy knorrige ou redakteur het geantwoord: "Niks wat jy skryf, gaan ooit so noukeurig gelees word as dit wat jy nou skryf nie. As jy 'n naam verkeerd spel of die datum verkeerd het, gaan jy 'n familie seermaak. Maar as jy iemand se ouma of ma tot haar reg laat kom, vereer jy 'n lewe, en die familie sal vir ewig dankbaar wees. Hulle sal jou woorde laat lamineer." "Ek het belowe om die ekstra oproepe te maak," vertel Zinsser. "Ek sou ekstra vrae vra; ek sou ook die tweede myl saamloop." Dit kom uit die Bergrede uit - skryf doodsberigte vir ander soos wat jy sou wou hê ander doodsberigte oor jou moet skryf. Zinsser het uiteindelik ander skryfwerk gedoen, en het ook 'n boek geskryf oor skryfwerk, waarvan meer as 'n miljoen eksemplare verkoop het. Dit sou egter nie gebeur het as hy homself nie daarop toegelê het om uitstekende doodsberigte te skryf nie. Die punt is: as jy nie die Gees kan ervaar in die werk wat jy vandag doen nie, sal jy die Gees glad nie vandag ervaar nie (want Hy is alomteenwoordig). Sielekos: Eks 22-24; Joh 3:1-21; Ps 89:1-14; Spr 26:17-19 LEES: Filippense 4 :10 - 20. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. (v. 13)
Voel jy vandag moedeloos? Is jy nie eintlik meer lus vir die lewe nie? Het alles dalk net vir jou te veel geword? Hoor dan die woorde van Paulus: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Ja, die groot waarheid is dat Iemand anders by jou betrokke is. Die gelowige in C h r is t us is nooit alleen in die wêreld nie. As dit só was, sou jy nie vandag hierdie gedeelte gelees het nie! Jesus Christus self is jou Metgesel op jou tog deur die wêreld. G o d wat louter liefde is, omarm jou - soos net ‘n Vader kan. Daar waar jy self nie meer verder kan loop nie, dra Hy jou - deur siekte, vrees, krisisse, rousmart en lewenschaos. Jesus is die Een wat die groot verskil maak. Hy het immers die volle prys vir jou betaal. Daarom hoef jy nie vandag in sak en as te bly sit nie. Veel eerder moet jy ‘n jubellied sing omdat jy aan Hom behoort. Jy is nie alleen in die wêreld nie. Geen probleem hoef jy ooit alleen aan te pak nie. Hy wat saam met jou loop, kan verder as jy sien. Jou seer en onsekerheid ken Hy. Daarom bied Hy homself vir jou aan as jou groot Sekerheid. Neem jou verhouding met Hom ernstig op en die lewenslas word lewenslus. Jou geloof sal vir jou weer nuwe betekenis kry en die wêreld om jou sal weer nuut word. In elke mens sal jy weer iets goeds ontdek. Daarom sal jy ook ‘n jubellied kan sing wat sê: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Sonder Christus is jy niks nie. Met Hom ervaar jy die lewe in sy volheid! GEBED. Dierbare Here, Ek was moedeloos toe ek vanmôre wakker word. Die lewe het soos ‘n nagmerrie voor my uitgestrek. Toe lees ek hierdie woorde van Paulus. Nou weet ek dat my omstandighede nie hagliker is as wat syne was nie. Des te meer kan ek nou sê: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Amen. (Word Stil en Luister. Eric Stander. Aktua Pers.) God het jou lewe beplan voordat jy gebore is. Dis immers waarom Hy jou in die wêreld gebring het. Om jou bloot net 'besig' te hou, was nie Sy oogmerk nie. Hy wil sien dat jy die werk doen waarvoor Hy jou 'vooraf voorberei het om te doen.' Om 'n goeie saak te dien en hard te werk, is prysenswaardig. Maar jy kan dalk net onvanpas wees en jou tyd en kragte mors sonder om die doelgemaakte 'jy' te wees wat God vir jou in gedagte gehad het. Hy wil jou doel-gedrewe hê, nie werk-gedrewe nie! So: 1) Vra Hom om Sy wil aan jou bekend te maak. 'want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer' (Filippense 2:13 NV). God sal inderdaad begeertes in jou plant om jou te lei na die volvoering van Sy doel. Dis nie toevalligheid of super-geestelikheid nie, maar God aan die stuur wat jou skip op koers hou. 2) Verwag om meer te doen as waartoe jy in staat is. Selfgerigte aktiwiteit is self-beperkende aktiwiteit. Godgerigte aktiwiteit is onbeperkte aktiwiteit. God roep ons nooit op om dit te doen wat ons kan nie; Hy roep ons om te doen wat Hy kan! 'Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink' (Efesiërs 3:20 NV). Luister, reageer op Sy vermanings, en alles sal vir jou moontlik word. 3) As die werk veeleisend raak, maak staat op Sy innerlike krag. Paulus sê: 'Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk.' Hoeveel heilige krag het jy vir jou taak nodig? 'Al Sy krag.' Ontsagwekkend! En dit is vandag tot jou beskikking. Sielskos: Rut 1-4; Mark 13:24-37; Ps 117; Spr. 12:20-22 Dis ’n pragtige winters oggend in Mosselbaai.Ek sit op ’n rots ek woel my vingers deur die miljoene skulpies op die strand. Die kinders speel net ’n entjie vêrder en terwyl ek hulle dophou voel ek hoe die vrede van die omgewing oor my spoel. Die seelug is verbasend warm en die klanke van laggende kinders, sagte branders en ’n skertsende seemeeu vul die stiltes.’
n opgewonde labrador kom verby gebons en spring pens en pootjies binne-in ’n rots poel. Terwyl ek die bedrywighede op die strand dophou, maak ek ’n hand vol perfekte klein skulpies bymekaar. Hulle is nog nie stukkend gemaal deur die branders of verweer deur die son en sand nie. Die kinders kom nader gehardloop en my dogtertjie gee vir my ’n hand vol skulpies om te hou. Ek vou my hand oop en kyk na dit wat sy bymekaargemaak het. Daar is miskien een heel skulpie, die res is stukkend. Party is verbleik deur die son en ander is glad gemaal deur die die golwe.“ Kyk mamma!” sê sy, terwyl sy die skulpies een vir een op die rots langs my pak. “ Hierdie twee is pienk, dis my beste kleur. Die drie oranje skulpies is vir my niggies. Hierdie enetjie is grof soos pappa se baard en die wittetjie is sag soos jy. Die bloue is vir boetie want dis sy beste kleur.” Sy hou ’n verbleikte verweerde stukkie skulp teen die lug en sê” Hierdie ene is die mooiste . . “ Het jy gesien dis ’n hartjie mamma? “ Ek dink die see maak partykeer hartjies van stukkende skulpies en dan tel mense dit op en dan onthou hulle dat Jesus vir hulle lief is.” Sy draai om en hardloop terug strand toe . . . Ek kyk haar agterna terwyl ek my hand vol perfekte skulpies oopvou . . Waarom streef ons so na perfektheid as dit in werklikheid nie bestaan nie? Ons sloof onsself daagliks af om te bou aan die illusie van ’n perfekte prentjie, die perfekte huis, die perfekte kinders om maar net oor en oor teleurgestel te word deur die onbereikbare leegheid daarvan.Dis asof niks in die wêreld mens vervul nie. Die woord praat egter van ’n geskenk, ’n heerlike geheimenis waar daar perfekte vervulling is: Kol 1:27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. Ons geskenk is die teenwoordigheid van Christus in ons. Dis so groot dat ons dit nie eers kan begin om dit werklik te verstaan nie. Ek het eendag die volgende verduideliking gehoor: Die geskenk van Jesus Christus in ons is soos om ’n diamantring in ’n checkers sak toe te draai. Die verpakking verminder nie die waarde van die inhoud nie.Om Christus in ons te hê, verander nie wie God is nie, maar dit verander wel wie ons is. Dit verander wat ons doen, hoe ons praat en waarheen ons op pad is. Ek kyk weer na my hand vol perfekte skulpies en ek gooi hulle oor my skouer. My dogtertjie se verweerde en vernielde skulpies het soveel meer waarde as ’n hand vol perfekte skulpies. Haar skulpies het betekenis en vertel ’n storie van die liefdes in haar lewe.Net so is ons, met ons tekortkominge en foute baie meer werd omdat Jesus Christus in ons woon. Ten spyte daarvan dat ons deur die lewe verbleik en verweer is, vertel ons ook ’n storie. Die mooiste storie oor oneindige liefde en ’n Man van Nasaret wat die dood oorwin het en wat die wêreld se hoop is op heerlikheid!Here Dankie, vir die liefdes in ons lewe. Gee vir ons die wysheid om die leë dinge in die lewe eenkant toe te stoot. Leer ons om met ons harte te kyk en nie met ons oë nie sodat ons die hartjies wat U baie keer uit die stukkende dinge vir ons maak ,sal raaksien. Amen Weet jy toe ek vanoggend wakker word, toe vra ek myself die vraag: "Wàt is die nut? Waaroor gaan die lewe nou èintlik? Is dit nog al's die moeite werd?" Toe trèf dit my: Die antwoord lê reg daar óm my in my eie kamer!! Die Waaier sê: "Be cool!!" Die Plafon sê: "Mik hoog!!" Die Venster sê: "Kyk na die wêreld daar buite!!" Die Horlosie voor my bed sê: "Elke minuut van jou lewe is só kosbaar!!" Die Kombers sê: "Soos God belowe in Sy Woord, het Hy jou laasnag beskerm!!" Die Spieël sê: "Jy is uniek in God se oë!!" Die Deur sê: "Druk hàrd om jou doel te bereik!!" Die Mat sê: "Gaan af op jou knieë en dank God vir n núwe dag!!" ......hoe kon ek so stupid wees!!! MAG JY 'N WONDERLIKE DAG Hê!!!!!!!!! Eva is bekommerd omdat Adam di laaste paar aande laat teruggekom het.
Eva: "Jy verneuk my met n ander vrou !" Adam: "Jys mal waar sal ek n ander vrou kry ?" Adam gaan slaap maar word wakker toe Eva aan sy bors vroetel. Adam: "Wat doen jy ?" Eva: "Ek tel jou ribbes!" Jy het potensiaal (...gehad)! Wanneer verander ons woorde vanaf “jy het potensiaal,” tot: “jy het potensiaal gehad?” Een keer moes iemand wat ek ken ‘n onderhoud voer met ‘n dinamiese oorsese kerkleier. Na die tyd sê dié toe vir hom: “You have a lot of potential.” Dadelik sê hy dankie, waarop die ander persoon sê dit was nie eintlik as ‘n kompliment bedoel nie. Toe voeg hy by dat as jy net maar potensiaal het, dan is jy eintlik in groot moeilikheid. Dit is daardie ingeboude kapasiteite wat die Here aan jou gegee het wat so vinnig en effektief bereik moet word. Anders is jy op die ou end dalk niks anders as daardie kneg in Jesus se gelykenis in Matteus 25:14-30 wat sy talente versteek het en uiteindelik opgeëindig het met presies dit wat hy by sy meester ontvang het nie. So het die Here dit nooit bedoel nie. As ons ons lewens afsluit met presies dieselfde potensiaal as waarmee Hy ons die wêreld laat inkom het, het ons ‘n vermorste lewe geleef.
Dit is goed om groot drome te droom. Tog is drome iets wat geleef moet word. Die Here het ons gemaak om daardie ingeboude talente en gawes wat Hy aan ons gegee het maksimaal te ontgin en op te gebruik. Dan verander ons talente en gawes in saad in God se saailande wat gedurig groei en vermeerder. Dan leef ons die regte soort lewens wat impak maak tot eer van God en tot seën van ander mense. Dit is juis die doel van al die koninkryksaad wat in ons lewens se stoorkamers lê — om God se Naam op unieke maniere so gou as moontlik te ver-Heerlik en om ander mense te dien en op te bou. Vergeet van “hulle” Op 15 September 2004 het Andrew Wilson van Branson in die Amerikaanse staat, Missouri, sy naam na “They” verander. Hoekom? Wel, in Engels praat mense graag van “they.” “They did this and they did that.” In Afrikaans sê ons ons dikwels ook “hulle” het dit gedoen, of “hulle” het dat gesê. Andrew wou toe maar net namens “they” die verantwoordelikheid vat. Dit is hoekom hy vandag as “They” bekendstaan.
Ek wonder wat sal gebeur as ons regtig verantwoordelikheid vir onsself voor God en ander mense begin aanvaar? Wanneer ons nie ander blameer vir alles wat verkeerd is nie, maar begin om ons eie kant te bring soos wat die Here van ons vra... As ons net daardie paar sentimeter beman (of bevrou!) waarvoor die Here ons verantwoordelik gemaak het, dan sal die wêreld een sentimeter op ‘n keer anders wees. Dieselfde sal gebeur as ons ophou om oor “hulle” te skinder agter “hulle” rug. Of as ons die eerlike roete aandurf om vir “hulle” wat droogmaak in “hulle” gesig beleefd daaroor aan te spreek. Dan is daar baie minder van “hulle,” en veel meer “ek” en “ons” wat met integriteit voor God leef. Wie weet, dan sal Andrew Wilson dalk weer sy naam na “I” of “us” moet verander. Vrede Stephan Joubert Juffrou: Wie het vir Simson in die Bybel verlei?
Jannie: Dit was ‘n Steyn–meisietjie, Juffrou. Juffrou: ‘n STEYN-meisietjie!? Juffrou: Ja Juffrou, ek dink haar naam was Phillis Steyn! |
Ana & Andre Schoonbee God uses us to motivate and encourage the body. Authors
All
Archives
June 2015
|