Rick Hamlin vertel van 'n onlangse gesprek wat hy gehad het: 'Iemand net soos ek het gesê: "Ek's bang om werk toe te gaan. Die afleggings is teneerdrukkend. Ek dink paI dis volgende keer my beurt. Ek het baie om te doen, en my kliënte waardeer wat ek doen, maar ek begin twyfel en dit hou nie op nie." Twyfel is die ergste van alles, en die stories betrek meer vriende, vriende van vriende, mense van die kerk, bure. 'n Vroeë aftrede hier, 'n aflegging daar, 'n skeidingspakket, die statistieke kry gesigte en die vretende angs maak elke dag erger.' Dis moontlik dat jy self oomblikke van mismoedigheid ervaar - daaglikse steke van frustrasie wat jou uitput en van vreugde ontneem. Satan is soos 'n terroris wat in guerrilla-oorlogvoering spesialiseer. Hy besef hy sal teen die magte van die hemel verloor, daarom takel hy individuele gelowiges. Die kwessie is, hoe bly jy standhou as 'wat reeds aan die wankel is, finaal weggeneem word?' Een ding is seker, Jesaja sê: 'U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar...' (Jesaja 26:3 OV). As Moses gefikseer was op sy omstandigheide, sou hy allermins vrede kon hê waar hy tussen die Rooi See en die Egiptenare gestaan het. Sy vrede het gekom uit die wete dat hy was waar God hom wou hê. Vrede op sigself is nie die doel nie; vrede is 'n by-produk van weet: 'Hoe groot is U goedheid: dit is altyd daar vir die wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan die wat by U skuil' (Psalm 31:20 NV). Sielskos: 2 Kron 5-7; Luk 19:28-40; Ps 103:13-22; Spr 19:17 Here, Bid asseblief vir my
Here daar is geen aardse woorde wat ek het om te sê Ek is nou op die punt waar ek nie weet hoe om te bid Ek verstaan dit nie Here, my hart is regtig verskeur Hoe meer ek daarna streef om U te vertrou, hoe meer skaaf my geloof Ek weet U het geen gunstelinge, U woord is duidelik Wat U gedoen het vir ander, kan U doen vir my Ek weet U is tot alles in staat en ek weet dat U in beheer is Tog het ek nodig om te weet dat U daar is as ek my siel ontbloot . Here ek kom nederig voor U en kniel by U troon Vra ek U Here om my vas te hou, ek voel so alleen Ek is dankbaar vir die gebede van vriende en familie Maar daar is een ding wat ek van U vra Here Sal U asseblief vir my bid? Sy antwoord was: "My kosbare kind, Ek sê vir julle Maak nie saak hoe dinge nou lyk, Ek gaan na jou omsien. Werp jou sorge op my, jou pyn, Ek verstaan Onthou: Ek sal jou vashou in my hande met die spyker merke. Eendag het Jesus in 'n Samaritaanse dorpie ingegaan en Hy is nie goed ontvang nie. "En toe Sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer... Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie; want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red." (Luk 9:54 - 56 OV). Watter soort gees is hier aan die werk? 'n Veroordelende gees. 'n Opname deur die Barna-navorsingsgroep wys dat die meeste niegelowiges vandag dink Christene is te veroordelend. Jy kan dus opreg wees, maar die wêreld sal dit sien as te streng. Dit was nog nooit belangriker om die waarheid van God se Woord te ken en daarvoor te staan nie. Maar as jy die regte leerstelling en die verkeerde gees het, sal jy meer mense wegdryf van Christus af as wat jy na Hom toe sal trek. Dink net - Christus se dissipels wou die mense wat nie met hulle saamgestem het nie, laat doodbrand! Hulle was nie eers bewus van die gees aan die werk in hulle harte nie. "... Jesus het gesê: '... jy moet jou naaste liefhê soos jouself.'" (Matt 19:18 - 19 NV). Dit sluit jou nie-Christelike naaste in. Jy hoef Jesus nie te verdedig of te "verkoop" nie. Jy hoef Hom net bekend te stel. Die Psalmskrywer sê: "Kom ondervind en sien self dat die Here goed is!" (Ps 34:9 NV).
Sielekos: Jes 58-62; Joh 9:1-12; Ps 15; Spr 29:4-6 Meraai sê vir Gatiep: "Djy moenie dink djy sal by die hemel se hek kan ingaan as djou asem so na drank stink nie!" Gatiep: Dja Meraai, djy hou djou baaaie slim né. Maar daar is n technical point van hemel toe gaan wat djy nie van weetie. My asem ganie saamie, ek blaas hom mos hier yt!" Opgestane en lewende Christus, dit moes al somer gewees het in my geestelike lewe.
U het aan my lentelewe geskenk en ek loof u Naam daarvoor. Ek kom pleit nou om groei tot geestelike volwasse wording. Ek bely met skaamte dat ek dilwels so ongehoorsaam is: Dat ek so geheg is aan wêreldse genot en so min belang stel in geestelike dinge; So traag is om my siel te voed met u Woord; so onverskillig is oor die vreugde wat U wil gee; So onwillig om met toewyding vir U te werk en getuig; So haastig om te ontspan en so traag om te bid So gou om myself te behaag en so traag om ander te dien. Liefdevolle en genadige Meester, Ek ontvang so graag en gee so min. Ek is so vroom in my woorde. En so gebrekkig in dade so onverbiddelik teenoor my naaste en so toegeeflik teenoor myself So gou om te kritiseer en so gekrenk as ander met my fout vind. Geen wonder nie, Heer, dat die somer nie in my geestelike lewe wil deurbreek nie. Genadige heiland. Skenk my nogeens u vergifnis: gee my krag om voortaan op oorwinningsgrond te lewe; om in die wingerdstok te bly sodat ek soete somervrugte kan dra. Gee dat ek die somerpad van geloof en heiligmaking sal bewandel sodat ek meer aan my hemelse voorbeeld gelyk sal word. Ek bid dit op grond van u soenverdienste, In die naam van my verlosser Here Jesus Christus. Amen Hierdie stukkie goeie nuus is ter nagedagtenis van Abrie de Bruin.
Abrie is gebore 16.07..79 en oorlede 28..02.92, (13jr) hy is deur 'n Motoris doodgery. 'n Dag voor sy tragiese dood het hy die volgende Nota op sy lessenaar gelaat: Hoeveel Coca-Cola's het jy al gedrink en nooit eers gewonder hoekom die Blikkie rooi is? Wel hier is die storie: "Die rooi stel die bloed van Jesus voor.Die swart strepies is die sonde wat jy doen. Die wit is reinheid Wanneer jy jou sonde bely dan word jy rein. Coca-Cola staan vir die volgende: C-Come O-on C-children A-Accept C-Christ O-our L-Lord A-Amen Die woorde Coke staan vir: C-Christus O-ons K-Koning E-Ewig Agter op is daar 340ml , in Klaagliedere 3:40 staan daar dat jy jou tot Die Here moet bekeer. As jy dit doen dan gooi jy jou sondes weg soos die Mannetjie agter op. Dan is jy 'n koningskind. Dit word voorgestel deur Die kroon. En as jy nog twyfel of jou sondes vergewe is dan kyk jy na die SABS-handelsmerk. Dit is jou waarborg. Wanneer die blikkie toe is en jy Skud hom en maak hom oop dan kook hy oor ; so is dit ook as jy tot Bekering kom; dit borrel binne in jou." Hierdie is die laaste woorde van 'n jong kind wat Jesus in alles raak Gesien het. Geestelike oorlogvoering (Deel1)
Wanneer 'n aanval in Bybelse tye op 'n stad geloods is, was dit die gebruik om 'n stormram te gebruik, die hekke te vernietig en die inwoners te verslaan. Vandag is jy in 'n oorlog gewikkel met satan! Oorwinning is slegs moontlik as jy dít erken. Die goeie nuus is: "Die wapens van ons stryd... [kan] vestings... vernietig." "Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee..." (Ef 6:11 NV). Dis nie iets wat jy aantrek wanneer jy lus kry nie. Satan wil hê jy moet dink hy is gelyk aan God. Hy is nie! God is almagtig, alwetend en alomteenwoordig; Hy kan enigiets doen, op enige plek en op enige tyd. Satan is wel 'n gedugte teenstander, maar dit wat hy toegelaat word om te doen is beperk (Job 1:12). Jou gedagtes is die beheerkamer; dít is waar oorwinning of nederlaag bepaal word. Paulus het vir die Korintiërs gesê: "Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word..." (2 Kor 11:3 NV). Satan weet Christus se terugkeer is om die draai en hy is besig om die opposisie te versterk (Opb 12:12). 'n Mens wen die stryd deur:
Sielekos: Rom 7:1 - 9:16; Joh 10:11-21; Ps 83:1-8; Spr 29:19-22 Geestelike oorlogvoering (Deel 2) Toe die eerste vliegtuig die Wêreldhandelsentrum in September 2001 getref het, het ons gedink dit was 'n ongeluk. Toe nog 'n vliegtuig tref, het ons geweet New York word aangeval. Dr Robert Jeffress sê: "Dis uiters belangrik om te weet wat die oorsprong van die probleem is... 'n navigasiefout vra 'n sekere reaksie. 'n Vyandige aanslag vereis 'n heeltemal ander strategie. Elke dag word ons wêreld ingeneem deur dinge wat ons reken toevallige gebeure is. Paartjies skei, daarom ontwikkel ons huweliksberading; kerke dreig om te skeur, daarom stel ons bemiddelaars aan om met konflikhantering te help; Christene sukkel met depressie en selfmoordgedagtes, daarom stop ons hulle die nuutste medikasie in. Verstaan my mooi, ek is nie teen sulke programme gekant nie, maar wat as al hierdie dinge meer as toevallige gebeure is en ons deur die vyand aangeval word? In die Skrif ontdek ons daar is 'n onsigbare wêreld wat in 'n oorlog gewikkel is. Paulus skryf: 'Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen... elke bose gees in die lug.' Jy leef in die spervuur van hierdie geestelike oorlog... die vyand is vasberade om alles en almal wat vir jou belangrik is, te vernietig. En as jy dink Paulus oordryf, is dit tot jou eie nadeel." Martin Lloyd-Jones het gesê: "As jy nie besef dat jy in 'n stryd gewikkel is nie, beteken dit jy is hopeloos oorwin en jy weet dit nie eers nie. Jy moet bewus wees van wat aan die gang is en bereid wees om te baklei." Sielekos: Rom 9:17 - 11:36; Joh 10:22-42; Ps 83:9-18; Spr 29:23-27 Geestelike oorlogvoering (Deel 3) Dis belangrik om te weet wanneer jy aangeval word - en wanneer nie. Een skrywer sê: "Daar is 'n geneigdheid onder Christene om enigiets onaangenaams in hul lewens as geestelike oorlogvoering te sien, eerder as om te erken dat hulle besig is om te maai wat hulle gesaai het. As jy jou rol as die geestelike opvoeder van jou kinders byvoorbeeld afgeskeep het, kan die Here toelaat dat hulle in 'n sondige leefstyl beland. 'Die Here dissiplineer juis die mense vir wie Hy lief is.' God se dissipline sal jou nie help as jy dit afmaak as satan se toedoen nie. As jy verkeerd verstaan, mag jy dalk die Here blameer omdat Hy nie jou gebede beantwoord het nie of jou nie beskerm het nie, en intussen is Hy besig om jou oor gevaar te waarsku." "... julle [is] 'n kort tydjie bedroef gemaak... deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word." (1 Pet 1:6-7 NV). 'n Ystersmid met 'n stuk metaal op sy aambeeld het 'n idee van wat hy wil hê. Maar dit beteken hy moet die ou metaal smelt, oorgiet, letsels verwyder, krake regmaak, gate opvul en onsuiwerhede skoonmaak totdat iets wat nutteloos was waardevol word. Max Lucado sê: "'n Instrument is net nuttig as dit die regte vorm het... 'n Goeie ystersmid hou sy gereedskap in 'n goeie toestand... En God ook. As Hy jou op Sy aambeeld sit, moet jy bly wees Hy dink jy is die moeite werd om aan te skaaf." Sielekos: Rom 12-14; Joh 11:1-16; Ps 4; Spr 30:1-4 Voor my stap n ouerig gryskop man. So elke paar tree buk hy, tel iets op en gooi dit in die see. Dis vroeg oggend die son begin net sy kop uit steek. So ek kan nie sien wat hy optel nie. Ek stap al vinniger nader en so bly hy goed in die water gooi........"Ekskuus tog, vra ek, wat gooi u in dei see?" Ek sien hy kyk verbaas na my. "Dis see sterre," se hy. Verbaas staar ek hom aan, "See sterre?" Vra ek. " Ja as die son opkom gaan hulle almal doodgaan, so ek gooi hulle terug". Ek stap so saam met hom en vra; "maar meneer dis onmoontlik om almal terug tegooi en hulle te probeer red......." Hy stop en tel die een ster op, kyk na my, en gooi dit terug in die see, met n glimlag se hy; " ek weet, maar vir daai een het ek pas n verskil gemaak en sy lewe is gered......" Ek besef toe; ek kan nie almal gelukkig hou in die lewe nie, maar as ek net een persoon in n dag kan gelukkig maak, het ek n verskil gemaak in sy of haar lewe...... As ek net vir een persoon, vir wie ek lief is, gelukkig kan maak, elke dag van my lewe, sal ek die gelukkigste mens in die wereld wees.
Die Bybel sê: "... iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie." (Jak 1:6 - 8 NV). Peter Marshall, voormalige kapelaan van die Amerikaanse Senaat, het gebid: "Gee vir ons 'n helder visie sodat ons kan weet waar om te staan, en waarvoor om te staan." 'n Onduidelike droom gaan jou nêrens bring nie. Wat wil jy bereik? Wat wil jy bydra? Wie wil jy word? Met ander woorde, hoe lyk sukses vir jou? As jy dit nie definieer nie, sal jy dit nie kan bereik nie. Die meeste mense kry nie wat hulle wil hê nie omdat hulle nie weet wat hulle wil hê nie. Een outeur skryf: "Die onmisbare eerste stap om die dinge te kry wat jy uit die lewe wil hê is om te besluit wat jy wil hê! In plaas daarvan om te sê, 'Ek wil gewig verloor,' sê, 'Ek sal teen 1 Junie 80 kg weeg.' In plaas daarvan om te sê, 'Ek wil van my skuld ontslae raak,' sê, 'Ek sal teen 31 Desember al my kredietkaarte afbetaal.' Om spesifiek te wees, beteken nie noodwendig jy het vooruit oor elke detail gedink voordat jy vorentoe beweeg nie. Maar jou hoofdoel moet duidelik wees. Die res sal ontvou soos wat jy aangaan en aanpassings maak, indien nodig." Die vraag wat jy moet vra is: "Is ek doelgerig?"
Sielekos: Dan 1:3-21; Dan 3:7-30; Dan 5:10-31; Dan 9:1-19 Wees doelgerig (2) Dit vereis nie veel energie om jou gedagtes te laat dwaal en droom nie. Maar dis baie werk om 'n duidelike doel te ontwikkel om 'n helder, duidelike droom te hê. Een leier sê: "Vir my begin die hele proses met vrae wat ek myself moet afvra. Die droom is altyd gewortel in die dromer, in sy of haar ervaringe, omstandighede, talente en geleenthede. Ek vra: 'Wat voel ek - wat sê my emosies vir my? Wat voel ek aan - wat sê my intuïsie vir my? Wat sien ek - wat gebeur rondom my? Wat hoor ek - wat sê ander mense? Wat dink ek - wat sê my intellek en gesonde verstand?' 'n Helder beeld mag dalk eensklaps na jou toe kom, soos 'n weerligstraal, maar die meeste mense moet aanhou om daaraan te werk. As dit 'n moeilike proses is, is dit geen rede om op te gee nie. Om die waarheid te sê, as dit te maklik is, droom jy dalk nie groot genoeg nie. Hou net aan om daaraan te werk, want 'n duidelike droom is die moeite werd om voor te baklei." As jy 'n duidelike sin kan kry van waar jy is, wat jy weet, en wat jy wil hê, is jy goed op pad om dít waarvoor God jou op die aarde geplaas het, te verstaan en aan te gryp. Moses het die eerste twee derdes van sy lewe probeer uitwerk wat God wou hê hy moes doen, dinge op sy eie manier probeer doen en net misluk. Maar hy het 'n hart vir God en 'n visie van God af gehad, en uiteindelik het hy geslaag. Sielekos: Pred 1-4; Joh 11:28-37; Ps 50; Spr 30:7-10 Op 'n dag het Jesus 'n vrou in die sinagoge genees wat al vir 18 jaar kruppel was. Daarna het twee goed gebeur: Eerstens was sy so verheug soos net iemand kan wees wat vry is van 'n 18 jaar lange siekte. Tweedens het sommige kerkmense Jesus veroordeel omdat Hy haar op die Sabbatdag genees het. Wat 'n prentjie - terwyl sy God hierdie kant geloof het, het hulle aan die ander kant gestry oor die fyner punte van leerstellings. Wat het sy gedoen? Sy het net aangehou om God te prys! Sy het nie opgehou met haar lofprysing om haarself te probeer verduidelik of haar kritici te oortuig nie, want sy het geweet hulle het klaar besluit wat hulle wil glo en was nie oop vir verandering nie. Jy hoef jouself nie te verdedig nie, want die Here is jou verdediger. Verder is dit nie nodig om jou aan ander mense se buie en gesindhede te steur as jy deur 'n swaar tyd is nie. As jy dit doen, maak jou verdediging jou kwesbaar vir die vyand. Hierdie vrou het haarself beskerm deur verdedigende lof, en jy moet dit ook doen! Moenie by argumente betrokke raak nie. As jy ophou om jouself te verdedig, maak jy die deur vir die Here oop om jou te verdedig. Kan jy jou indink wat sou gebeur het as opgehou het met haar lofprysing en begin redekawel het? As dit gebeur het, sou die hele episode in 'n bakleiery geëindig het. In plaas daarvan het sy aangehou om God te prys - en dis wat jy ook moet doen!
Sielskos: Rom 12-14; Joh. 15:5-17; Ps 14; Spr. 28:13-16 |
Ana & Andre Schoonbee God uses us to motivate and encourage the body. Authors
All
Archives
June 2015
|